Soorte resepte:

Resep: Appelvla-fillopakkies

Appelvla-fillopakkies. (Foto: Lapa Uitgewers)

Toets jou bakvernuf met dié fillopakkies.

Lewer 8 porsies.

Bestanddele

Vanieljevla

  • 3 eiergele
  • 30 ml suiker
  • 30 ml Sugalite (opsioneel, vir ʼn soeter vla)
  • 20 ml mielieblom
  • 250 ml laevetmelk
  • saadjies van 1 vanieljepeul of 5 ml vanieljegeursel

Fillopakkies

  • 125 ml lemoensap
  • 30 ml sultanas
  • 2 Granny Smith-appels, ontkern, geskil en elk in 8 stukke gesny
  • 15 ml hawersemels
  • kaneelstokkie
  • 1 naeltjie
  • 4 fillovelle
  • 1 eierwit, geklits

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ʼn bakplaat.
  2. Verhit die lemoensap in ʼn kastrol. Voeg die sultanas, 16 appelstukke, hawersemels, kaneelstokkie en naeltjie by en prut 20 minute met ʼn deksel tot sag. Koel af.
  3. Vanieljevla: Klits die eiergele met ʼn elektriese klitser terwyl die suiker bietjie-vir-bietjie bygevoeg word. Klits ten minste 3 minute tot ligkleurig. Voeg die mielieblom by die eiermengsel en meng.
  4. Verhit die melk tot net voor kookpunt, voeg 60 ml van die melk by die eiermengsel en klits aanhoudend om te voorkom dat die eier skif. Voeg die res van die melk by die eiermengsel en klits aanhoudend. Giet die mengsel terug in die kastrol, prut oor lae hitte en roer aanhoudend tot verdik en verwyder onmiddellik van die stoof.
  5. Voeg die vanielje by en laat eenkant om af te koel.
  6. Ontdooi die fillodeeg. Halveer 4 velle om 8 halwe velle te vorm en bedek met ʼn klam doek. Verdeel die appelvlamengsel in 8 gelyke dele en vou in pakkies.
  7. Smeer die pakkies met geklitste eierwit en pak dit op die bakplaat. Bak 15 minute tot goudbruin en sit dadelik voor met die oorblywende vanieljevla.

Bron: Diabetes-vriendelike poedings en gebak
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.