Soorte resepte:

Resep-video: Drukkoker-kaaskoek

Drukkoker-kaaskoek (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Hierdie kaaskoekresep is nie noodwendig vinniger as ʼn oondgebakte kaaskoekresep nie, maar as jou oond gebreek is, jy nie ʼn oond besit nie, of die kaaskoeklus jou oorval terwyl jy kamp, kan jy hierdie een sommer in jou drukkoker maak!

Lewer 1 kaaskoek

Bestanddele

KORS

  • 2 t suiker
  • 4 e botter
  • 1 k fyn Tennisbeskuitjies

VULSEL

  • 450 g roomkaas
  • ¼ k suiker
  • 2 eiers
  • 4 e koekmeel
  • 2 e suurlemoensap
  • 1 t vanieljegeursel
  • aarbeipulp vir versiering (opsioneel)

Metode

  1. Maak die kors deur die suiker en botter saam te smelt en dan die Tennisbeskuitjies saam te roer. Druk dit vas in ʼn losboompan (druk ook effens teen die kante op) en plaas in die vrieskas terwyl jy die vulsel voorberei.

VULSEL

  1. Klits roomkaas en suiker saam tot romerig.
  2. Meng eiers een vir een by en klits deurentyd.
  3. Voeg nou koekmeel, suurlemoensap en vanieljegeursel by en meng.
  4. Skep die vulsel in die kors en maak glad bo-op.
  5. Skeur ʼn stuk foelie af wat jy kan gebruik om die kaaskoek in die drukkoker te laat afhys. Vou die foelie in sy lengte in die helfte (sien video) en plaas die kaaskoek bo op.
  6. Plaas ʼn draadrakkie in die drukkoker en gooi 1 k water in die drukkoker.
  7. Tel die kaaskoek op met die foelie en plaas dit só in die drukkoker.
  8. Seël die drukkoker en bak vir 30 minute op die outomatiese of koekverstelling.
  9. Laat effens afkoel en versier met aarbeipulp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Mad Mike die Rhodesiër ·

Dis nou oulik! Ek was tydens my jeug ‘n buitelugmens, maar deesdae nie meer so baie nie. As ek die resep daardie jare gehad het, sou ek dit vir myself ten minste een keer ‘n week gemaak het.

Eend Bessinger ·

Yum! Ek hou van aarbeie EN kaaskoek! Dis nog ‘n goeie idee om dit in ‘n drukkoker te doen…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.