Soorte resepte:

Resep: Gemmer-yskastert

Gemmer-yskastert (Foto:Lapa-uitgewers)

ʼn Vrydag is nie ʼn Vrydag sonder ʼn soetigheidjie nie.

Lewer 4-6 porsies

Bestanddele

  • 75 ml vlapoeier
  • 500 ml water
  • 250 ml gouestroop
  • 15 ml margarien
  • 5 ml fyn gemmer
  • 400 g (2 pakkies) gemmerkoekies
  • room of kunsroom (soos OrleyWhip)

Metode

  1. Meng die vlapoeier met ʼn bietjie van die water.
  2. Verhit die res van die water saam met die stroop oor matige hitte tot kookpunt.
  3. Voeg die vlapoeiermengsel, die margarien en die gemmer by.
  4. Kook totdat die mengsel dik en helder is.
  5. Breek die gemmerkoekies in groterige stukke en plaas dit in ʼn tertbak.
  6. Giet die warm stroopmengsel oor. Verkoel tot gestol.
  7. Klits die room of kunsroom en versier die tert daarmee.

 

Bron: Lekker & Vinnig: Yskasterte

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.