Soorte resepte:

Resep: Pannekoek

Pannekoek (Foto: Lapa-uitgewers)

Maak nie saak of dit winter is of nie, pannekoek is altyd ʼn goeie idee!
Lewer 16-20 pannekoeke

Bestanddele

  • 1 k (250 ml) koekmeel
  • 1 t (5 ml) bakpoeier
  • 2 ml sout
  • ½ k (125 ml) olie
  • 1 ½ k (375 ml) Clover­volroommelk
  • 2 eiers
  • kaneelsuiker

Metode

  1. Sif die meel, bakpoeier en sout saam in ’n mengbak. Roer die olie en melk by die meelmengsel tot glad en sonder klonte.
  2. Klits die eiers tot goed gemeng en roer by die pannekoekmengsel. Verhit ’n klein bietjie olie in ’n braaipan. Giet enige oortollige olie uit die braaipan.
  3. Skep ongeveer 60 ml (4 e) van die pannekoekmengsel in die braaipan en bak die pannekoek aan albei kante tot gaar. Hou die pannekoek warm tot benodig. Sprinkel kaneelsuiker oor en sit warm voor.

Bron: Teepartytjie

Uitgewer: Lapa uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Zettie ·

O jene………ek is nou so lus vir lekker pannekoek!!!!! Myne kom nooit lekker uit nie, altyd te dik of te waterig en smaakloos. Baie dankie!

Mornay ·

Met my resep vervang ek die melk met water
Ek maak ook n Koffie ekstrak aan en smeer n bietjie op die gaar panekoek met kaneel suiker
Dis Wow
Groete

SNEL ·

Leon klink my het me resep, water en bietjie asyn, dis altyd n treffer. Ek maak geen ander pannekoek resep nie. Ek bak sommer 2l water se beslag op n keer en het dan 4 panne wat hardloop op die stoof. Daar is nie tyd vir speel nie, die mense wil eet en ek kom net nie voor as ek met een pan op n plaatjie sukkel nie. Hart panne bly die beste vir pannekoek en vir Zetti,; kry n soplepel en toets tot jy die regte grootte kry vir die dikte wat jy vir jou pannekoek wil hê. Ek het n klomp soplepels, maar net een is my pannekoek een waarmee ek die beslag in die pan gooi. Moet ook nie jou pan op stoof laat staan as jy beslag ingooi nie, hou jou pan in jou hand vas en draai hom soos jy ingooi dat hulle mooi oral eweredig hardloop. Daai wolk kan maar kom so groot soos n man se vuis, dan spring die bestandele al op aandag, daar is nie nog tyd vir wag tot dit reën nie…..net nou reën dit nooit :)

Leon ·

Panbekoek wat met melk gemaak word is taai en kan aanbrand Water en bietjie asyn baie beter

SO maak mens... : D ·

Nou-ja hier is my 5c – pannekoekdeeg met helfte melk helfte sodawater! GISTER juis gebak want dis koud genoeg. Ag wat, ongeag die weer, mens het eintlik nie ‘n rede nie mens kan dit sommer elke dag eet – hoekom nie! ; D

Ouma Scooter ·

Maak altyd my pannekoek met water. As jy dit ‘n rukkie laat staan is dit lekker sag

Outoppie ·

Gooi so proppie brandewyn by beslag. Pannekoek heerlik sag

Zettie ·

O jene, kry ek nou lekker raat hiér veral by SNEL. Baie dankie julle!

Veronica ·

Sjoe Dankie Snel vir jou wysheid en raad!
Nie geweet melk maak dit taai nie en ook nie geweet water en asyn is beter as melk in resep nie!
Nou ja … dankie aan almal

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.