Soorte resepte:

Resep: Tuisgemaakte roomys met sjokoladesous

Tuisgemaakte roomys met sjokoladesous. (Foto: Lapa Uitgewer)

Bederf jou geliefde op Valentynsdag met heerlike tuisgemaakte roomys.

Bestanddele

  • 500 ml (2 k) CLOVER- vars room
  • 385 g (1 blik) CLOVER-kondensmelk
  • 50 g (½ pakkie) pistasieneute, fyn gekap
  • 500 ml (2 k) Turkse lekkers, in klein blokkies gesny

Sjokoladesous

  • 60 ml (4 e) CLOVER-volroommelk
  • 385 g (1 blik) CLOVER-kondensmelk
  • 110 g (2 x 55 g) Bar One-sjokolade, grof gekap

Metode

  1. Klits die room met ʼn elektriese klitser tot net styf.
  2. Roer die kondensmelk, pistasieneute en Turkse lekkers met ʼn lepel by die styfgeklitste room in.
  3. Skep die mengsel in ʼn geskikte bak met ʼn seëlbare deksel en plaas in die vrieskas. Roer ná 2 uur en dan weer ná ʼn uur. Plaas nou oornag in die yskas tot heeltemal gestol.

Sjokoladesous

  1. Giet die melk, kondensmelk en sjokoladestukkies in ʼn kastrol en laat smelt oor lae hitte tot glad.
  2. Haal van stoofplaat af en laat afkoel.
  3. Sit saam met die roomys voor.

Bron: Onthoukos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Nommer 7 ·

Ons maak ook maar ons eie roomys. Deesdae se roomys smelt nie eers nie, en word ook nie eers meer roomys genoem nie, maar “frozen dessert”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.