Soorte resepte:

Resep-video: Boeretroos-yskastert

Boeretroos-yskastert. (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Hierdie tert is ’n droom vir koffie-liefhebbers. Dit is ongelooflik maklik om te maak, met slegs vyf bestanddele, en sal jou mond behoorlik laat water.

Bestanddele

  • 1 pak (200 g) Tennisbeskuitjies
  • 250 ml room
  • 1 blik karamelkondensmelk
  • 25 ml sterk swart koffie
  • 1 groot plak donkersjokolade, in stukkies gekap

Metode

  1. Plaas ʼn laag Tennisbeskuitjies op die bodem van ʼn tertbak.
  2. Klits die room tot styf.
  3. Vou die koffie en karamelkondensmelk by die styfgeklopte room in.
  4. Skep ʼn laag van die karamelmengsel bo-oor die Tennisbeskuitjies en besprinkel met die donkersjokolade.
  5. Pak nog ʼn laag Tennisbeskuitjies bo-oor en herhaal met die karamelmengsel totdat al die bestanddele opgebruik en die tertbak vol is.
  6. Plaas dit oornag in die yskas om te stol.

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ’n plaaskombuis te omskep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.