Soorte resepte:

Resep-video: ‘Byna vakansie’-fudge

‘Byna vakansie’-fudge. (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Hierdie fudge is genoeg om die huppel in jou stap te sit in die laaste paar dae voordat die Desembervakansie behoorlik afskop.

Bestanddele

  • 3 x 80 g witsjokoladestafies
  • 1 blik kondensmelk
  • 2 x 125 g pakkies lekkers van jou keuse (ons het jelly beans en wine gums gebruik)

Metode

  1. Smelt die witsjokolade saam met die kondensmelk in die mikrogolf, vir sowat 1 minuut op hoog.
  2. Meng baie goed bymekaar.
  3. Gooi die pakkies lekkers by, hou so ’n paar eenkant om bo-op te strooi, en meng alles weer mooi.
  4. Gooi die fudgemengsel in ’n bak wat met bakpapier uitgevoer is.
  5. Sprinkel die res van die lekkers bo-oor.
  6. Plaas dit oornag in die yskas om hard te word voordat jy dit met ’n skerp mes in blokkies sny.

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ’n plaaskombuis te omskep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.