Hierdie moeitevrye tert is ʼn ou bekende onder Suid-Afrikaners.
Lewer sowat 8 stukke.
Bestanddele
- 250 g pakkie Cremora-poeier
- 1 blik kondensmelk
- ½ k suurlemoensap
- ½ pak Tennis-beskuitjies
Metode
- Meng die Cremora, kondensmelk en suurlemoensap.
- Pak Tennis-beskuitjies onder in ʼn tertbak en skep die Cremora-mengsel oor. Maak dit glad bo-op en versier soos verkies. (Aarbeie kan bo-op gepak word of ekstra Tennis-beskuitjies kan oor gekrummel word).
- Verkoel in yskas vir minstens 2 uur. Sny in blokke of skywe en bedien koud.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Heerlik!