Soorte resepte:

Resep-video: Gebakte melktert

Gebakte melktert. (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Melktert is beslis ʼn gereg wat deur die jare heen sinoniem met Suid-Afrikaanse samesyn geword het. Hierdie resep sal enigiemand vir ʼn tweede porsie laat smag.

Bestanddele

  • 110 g botter, gesmelt
  • 2 k volroommelk, louwarm
  • 4 eiers, geskei
  • ¼ t koeksoda
  • ½ t witwyn-asyn
  • 1 ¼ k versiersuiker
  • 1 e water
  • 1 k koekmeel
  • 5 ml vanieljegeursel
  • Kaneel om bo-oor te strooi

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en spuit ʼn koekpan met kleefwerende kossproei.
  2. Kits die eierwitte styf, en voeg dan die koeksoda en asyn by.
  3. Klits weer tot dit styf is en punte vorm, en plaas dit eenkant.
  4. Klits die eiergeel en versiersuiker tot lig. Gooi die gesmelte botter en water by en klits dit alles goed saam.
  5. Klits die koekmeel by, en gooi dan stadig die melk en vanieljegeursel by tot alles goed gemeng is.
  6. Vou die eierwitte daarby in, bietjie-bietjie op ʼn slag.
  7. Gooi die beslag in die voorbereide pan en bak dit in die oond vir 45 minute, of tot goudbruin.
  8. Laat dit heeltemal afkoel voordat jy dit in blokke sny en liggies met kaneel besprinkel voordat jy dit voorsit.

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ’n plaaskombuis te omskep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.