Soorte resepte:

Resep-video: Milo-balletjies

Milo-balletjies (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Skop die nuwe jaar vol energie af met hierdie heerlike Milo-balletjies. Dit is nie net verspot maklik om te maak nie, maar ook heel gepas om in te pak werk en skool toe.

Die resep lewer sowat 24 balletjies, na gelang van hoe groot jy die balletjies maak.

Bestanddele

  • ¼ k Milo
  • 1 k klapper
  • 1 pak tennisbeskuitjies, fyngemaak
  • 1 blik kondensmelk
  • ekstra klapper, gemeng met kleursprinkels (100’s and 1000’s), om die balletjies in te rol

Metode

  1. Meng die Milo, klapper en tennisbeskuitjies in ʼn bak.
  2. Gooi die kondensmelk daarby en meng goed.
  3. Rol lepels vol van die beslag in balletjies met jou hande.
  4. Rol dit dan in die klapper en kleursprinkels.
  5. Plaas dit in die yskas vir sowat 30 minute of tot ferm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.