Soorte resepte:

Resep-video: Soetkoekies vir Paasfees

Soetkoekies vir Paasfees. (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Hierdie koekies word gemaak met ‘n sagte en romerige deeg, en is kleurvol versier met helderkleurige Paaseiers. Die soetkoekies is ook ‘n heerlike geskenk vir geliefdes en kan verpak word in ‘n mooi glasbottel.

Bestanddele

  • ½ koppie botter, kamertemperatuur
  • ¾ koppie suiker
  • 1 eier
  • 1 ½ teelepel vanieljegeursel
  • 1 ¾ koppie meel
  • ½ teelepel bakpoeier
  • Knippie sout
  • ¼ koppie Speckled Eggs

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Spuit ʼn oondpan met kleefwerende kossproei en plaas bakpapier in die pan.
  3. Klits die botter en suiker in ‘n groot mengbak tot romerig.
  4. Gooi die eier en vanieljegeursel by en klits weer.
  5. Gooi die meel, bakpoeier en sout by en meng alles goed saam.
  6. Gooi die deeg in die voorbereide pan en smeer dit eweredig oor die bodem van die pan.
  7. Bak dit vir 10 minute in die oond.
  8. Haal dit uit die oond en sprinkel die Speckled Eggs bo-oor.
  9. Bak dit vir nog 10 minute in die oond tot ‘n toetspen skoon uitkom.
  10. Laat die koekies goed afkoel voordat jy dit uit die pan verwyder en in kleiner blokkies sny.

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ʼn plaaskombuis te omskep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.