Soorte resepte:

Resep-video: Zoo-koekie-fudge

Zoo-koekie-fudge
(Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Pak dit in werk toe, sit dit in die kinders se kosblikke of steek dit iewers in die kas weg om later skelm te eet. Die fudge is beslis nie iets wat baie lank in die huis sal hou nie; dit word heeltemal te vinnig verorber.

Bestanddele

  • 475 g strooisuiker
  • 180 ml room
  • ¼ k kondensmelk
  • 30 ml botter
  • knippie sout
  • 150 g wit malvalekkers
  • kleursprinkels (100’s and 1000’s), om bo-oor te sprinkel
  • 1 pakkie Zoo-koekies, in stukkies gebreek

Metode

  1. Voer ʼn vierkantige pan van 20 cm met bakpapier uit.
  2. Meng die strooisuiker, room, kondensmelk, botter en sout in ʼn glasbak en plaas dit in die mikrogolf. Bring tot kookpunt, haal uit die mikrogolf en roer liggies.
  3. Kook dan verder vir 10 minute terwyl jy dit gereeld roer. Hou dop sodat dit nie oorkook nie.
  4. Roer die malvalekkers by tot alles gesmelt het.
  5. Gooi die mengsel in die voorbereide pan.
  6. Strooi die kleursprinkels bo-oor.
  7. Gooi die Zoo-koekies bo-oor en druk dit liggies in die fudge-mengsel.
  8. Laat in die yskas afkoel tot gestol en sny dan in stukkies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.