Soorte resepte:

Resep: Roereier-wraps

Roereier-wraps (Foto: Lapa-uitgewers)

ʼn Maklike manier om gewone roereier op te kikker!
Lewer 6 porsies

Bestanddele

  • 6 eiers
  • 125 ml melk
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 30 ml kanola-olie
  • 1 middelslag rooi soetrissie, in blokkies gesny
  • 1 middelslag groen soetrissie, in blokkies gesny
  • 5 tamaties, ontpit en gekap
  • 6 wraps

Metode

  1. Klits die eiers en melk saam en geur met sout en peper. Hou eenkant.
  2. Verhit die olie in ʼn pan en soteer die soetrissies tot sag. Voeg die tamaties by en soteer vir nog 2 minute.
  3. Verlaag die hitte en voeg die eiermengsel by. Roer liggies tot die eiers gestol het.
  4. Skep die roereier op die wraps en draai dit toe.

Bron: Lekker & vinnig: Lekker wraps

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.