Soorte resepte:

Resep: Sampioen-en-spinasieroereier met gerookte mozzarella en paprika

Sampioen-en-spinasieroereier met gerookte mozzarella en paprika. (Foto: South African Mushroom Farmers’ Association)

Wie’t gesê ontbyt is vervelig? Hierdie rokerige roereier sal die teendeel bewys.

Bestanddele

  • 30 ml botter
  • 2 tot 3 groot bruin sampioene, gesny
  • ʼn handvol jong spinasieblare (opsioneel)
  • 3 groot eiers, geklop
  • ½ k gerasperde gerookte mozzarella
  • sout en peper na smaak
  • gerookte paprika, om bo-oor te sprinkel

Metode

  1. Verhit die botter in ʼn pan en braai die sampioene tot goudbruin. Voeg die spinasie by en braai vir ʼn halwe minuut tot dit net begin verlep.
  2. Voeg die eiers by en roer. Sprinkel die kaas oor terwyl die eiers nog effens loperig is en sit ʼn deksel op sodat die kaas kan smelt.
  3. Verwyder die deksel na ʼn minuut en geur met sout, peper en ʼn knippie paprika. Skep uit op ʼn bord en bedien dadelik.

Bron: Suid-Afrikaanse Sampioenkwekersvereniging

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.