Soorte resepte:

Resep: Eenvoudige pikante chorizo

Eenvoudige pikante chorizo (Foto: Lapa-uitgewers)

Die natuurlike soetheid in die chorizo en die bietjie balsamiese asyn sal die surigheid van die tamaties breek.

Lewer 2 porsies

Bestanddele

  • 150 g spesery-chorizo
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 1 blik (400 g) kersie-tamaties (beskikbaar by Woolworths)
  • 2 e balsamiese asyn
  • hope vars basielkruidblare

Metode

  1. Sny die chorizo in dun skywe.
  2. Braai die chorizo (wat genoeg vet bevat) in ʼn droë pan sodat die natuurlike vette begin smelt. Voeg die knoffel by en braai verder in die chorizo-vet.
  3. Voeg die kersietamaties en balsamiese asyn by en laat dit vir 5 minute prut sodat die sous effe kan afkook. Moenie die tamaties fyn druk nie. Die natuurlike soetheid in die chorizo en die bietjie balsamiese asyn sal die surigheid van die tamaties breek.
  4. Bedien op ʼn bed zucchini-linte en breek hope vars basielkruidblare oor die gereg.

Bron: Armand kook kaal deur Armand Aucamp

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.