Soorte resepte:

Resep: Gebraaide vis en garnale op die vuur

Gebraaide vis en garnale op die vuur (Foto: Dapper Media)

Dié resep is die perfekte gereg vir seekosliefhebbers.

Gebraaide vis

Bestanddele

  • 1 mediumgrootte vis
  • 3 eetlepels (45 ml) olyf- of sonneblomolie

Vir die sous

  • ½ k (125 ml) botter
  • die sap van 3 suurlemoene
  • 4 knoffelhuisies, fyn gekap
  • 3 e (45 ml) vars koljander, fyn gekap.
  • knypie growwe sout
  • knypie peper
  • 1 e (15 ml) appelkooskonfyt

Metode

  1. Sny die vis in filette.
  2. Smeer die vis aan beide kante met die olyf- of sonneblomolie.
  3. Plaas die vis vleiskant na onder op ’n stuk foelie en braai dit vir tussen 4 tot 5 minute oor matige kole .
  4. Meng al die bestanddele vir die sous in ’n potjie saam en hou dit oor die kole totdat die mengsel gesmelt is.
  5. Draai die vis gedurig om en smeer elke keer van die sous bo-oor.
  6. Die vis behoort na sowat 10 minute gaar te wees – as die vleis wit is en begin vlok, kan jy dit maar afhaal.


Garnale op die vuur

Bestanddele

  • 1 kg garnale
  • sout en peper na smaak
  • ¼ k (60 ml) botter
  • ¼ k (60 ml) rissiesous
  • ½ k (120 ml) room

Metode

  1. Maak ’n bakkie uit foelie waarin die garnale oor vuur kan gaar word.
  2. Gooi die garnale in die bakkie uit.
  3. Strooi die sout en peper bo-oor, en daarna die botter en rissiesous.
  4. Plaas die garnale op vuur.
  5. Roer die room by die garnale in.
  6. Kook die garnale vir sowat 15-20 minute oor die vuur.

Bedien als saam met of slaai of vars gebakte brood.

Kyk hier ‘n voorsmakie vir dié episode van Byt en Buskruit en kyk die volledige episode hier.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.