Soorte resepte:

Resep: Granaatpiekelvis

Granaatpiekelvis (Foto: The Salt Chef’s)

Skop hierdie Paasfees af met ʼn nuwe kinkel op ʼn tradisionele gereg.

Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • 1 kg gevlekte geelstert
  • 200 ml olie
  • 500 g gesnyde uie
  • 15 ml masala
  • 5 ml vinkelsaad
  • 5 ml koljandersaad
  • 5 ml swartpeperkorrels
  • 4 heel naeltjies
  • 4-5 lourierblare
  • 125 g gedroogde appelkose en sultanas
  • 500 ml wit- of rooiwyn (rooiwyn gee die vis ‘n dieper kleur)
  • 10 ml growwe sout
  • 75 ml witwynasyn
  • 30 ml bruinsuiker
  • pitte van 1 groot granaat

Metode

  1. Voorverhit oond tot 200 °C.
  2. Plaas die vis in ʼn oondbak, laat ruimte vir sous.
  3. Braai die uie tot dit soet en deursigtig word.
  4. Roer die masala, vinkel, koljander, peperkorrels, naeltjies en lourierblare by en braai vir 30 sekondes voor jy die appelkose, sultanas, wyn en sout byvoeg.
  5. Prut die mengsel sonder ʼn deksel vir ongeveer 20 minute.
  6. Voeg die asyn en suiker by en gooi die sous oor die vis.
  7. Bedek die oondbak met foelie en bak vir 20 minute.
  8. Laat die gereg staan en verkoel dit ten minste vir ʼn
  9. Bedien met slaai en ʼn tuisgemaakte lemmetjie-mayo en garneer deur die granaatpitte oor die ingelegde vis te sprinkel.

Bron: The Salt Chef’s

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.