Soorte resepte:

Resep: Lewer in netvet bedek met suurroomsous

Lewer in netvet bedek met suurroomsous. (Foto: Lapa Uitgewers)

ʼn Skilpadjie is glad nie te versmaai nie.

Lewer 15 porsies.

Bestanddele

Lewermengsel

  • 500 g lamslewer, gemaal
  • 125 ml vars witbroodkrummels
  • 1 ui, geskil en gerasper
  • 10 ml vars of 5 ml droë pietersielie
  • 5 ml sout
  • knippie varsgemaalde swartpeper
  • 20 ml worcestersous
  • 1 eier, geklits
  • 400 g netvet, in 15 stukke gesny

Suurroomsous

  • 250 ml suurroom
  • 20 ml gesnipperde stingeluie
  • 5 druppels Tabascosous
  • 5 ml worcestersous
  • 2 ml suurlemoensap
  • 1 knoffelhuisie, geskil en gekneus

Metode

  1. Meng al die lewermengselbestanddele, behalwe die netvet.
  2. Verdeel die mengsel in 15 porsies, draai elkeen in netvet toe en steek met peuselstokkies vas.
  3. Meng al die suurroomsousbestanddele.
  4. Rooster die lewer 15-20 minute lank sowat 100 mm bo matige kole. Verwyder die peuselstokkies en sit die lewer dadelik met suurroomsous voor.

Bron: Braaigeregte
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Miskruier ·

Lewer… Gee lewe…. Daar is niks mensgemaak wat die ensieme van vleis kan oordra nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.