Soorte resepte:

Resep: Mango-en-hoenderslaai

Mango-en-hoenderslaai (Foto: Lapa-uitgewers)

Mango en hoender is ʼn wenkombinasie, veral in die warm somertyd!

Lewer 4 porsies

Bestanddele 

  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 e witasyn, verdun met 1 e water
  • sap van 1 suurlemoen
  • 1 t strooisuiker
  • 1 klein rooi brandrissie, ontpit en fyngekap (opsioneel)
  • 4 gaar hoenderborsies, in repies gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 2 mango’s, geskil en in repe gesny
  • ½ k olyfolie
  • ½ komkommer, in baie dun ringe gesny
  • 1 k boontiiespruite
  • 2 sprietuie, fyngekap

Metode

  1. Meng die knoffel, asyn, suurlemoensap, suiker en brandrissie saam in ’n bak. Voeg die hoender by en meng deur. Geur na smaak en marineer vir 30 minute.
  2. Verpulp die helfte van die mangorepe in ’n voedselverwerker en voeg olie by.
  3. Dreineer die hoender, maar behou die marinade.
  4. Skep die hoender in ’n slaaibak, voeg die komkommer, boontjiespruite, uie en orige mangostukke by.
  5. Meng die mangopulp met die orige marinade en giet oor die slaai. Sit dadelik voor.

Bron: Proe Pretville

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.