Volstruisvleis spog met ʼn baie gesonde verhouding van versadigde tot onversadigde vette en ʼn ewe goeie verhouding tussen die omega 3- en omega 6-vetsure. Dus, moenie jou kop in die sand druk nie – eet meer volstruisvleis!
Bestanddele:
Vir die patties
- 400 g volstruismaalvleis
- 1 teelepel fyn koljander
- 1 teelepel gerookte paprika
- 1 teelepel komyn
- 1 knoffelhuisie, fyngekap
- ½ teelepel varsgemaalde sout en peper
- 2 eetlepels olyfolie
- 1 ui, in 1 cm dik ringe gesny om te braai
- 4 mielies, die blare verwyder
- 30 g parmesaan, fyn gerasper
- 2 eetlepels vars koljander
- 1 rissie, pitte verwyder en fyngekap (opsioneel)
- 1 lemmetjie se sap
- 4 sagte volgraanrolletjies of saadrolletjies
- 4 botterslaai-blare
- 2 tamaties, in dun skywe gesny
Vir die guacamole
- 2 avokado’s
- 2 lemmetjies
- 2 eetlepels vars koljander, gekap
- 2 eetlepels uie, fyngekap
- varsgemaalde sout en peper
Metode:
- Kry die braaier of braaivleisvuur aan die gang.
- Meng die maalvleis met die speserye in ʼn bak en deel in 4. Vorm patties.
- Gooi ʼn bietjie olyfolie oor die patties en die uie en braai op ʼn warm vuur totdat dit gaar is volgens jou smaak.
- Sit ook dan die mielies op die braai – hulle moet reg rondom ʼn bietjie kleur kry.
- Sit die parmesaan, koljander en rissie op ʼn skoon snyplank en versprei dit egalig oor so 20 cm van die bord.
- Plaas die warm mielies daarop, druk die lemmetjiesap oor die mielies en rol dit in die kaasmengsel.
Vir die guacamole:
- Skil die avokado.
- Druk die lemmetjiesap daaroor uit en voeg die vars koljander, uie, sout en peper by.
- Druk dit rofweg fyn met ʼn vurk, sonder om dit te fyn te maak.
Bou die burgers soos volg:
- Rolletjie, slaai, tamatie, pattie, uie en guacamole.
Bron: Jou beste lewe – Vinnige en gesonde gesinsetes
Uitgewer: CUM
Sjoe dit lyk heerlik. Nou het julle my bemagtig om guacamole te maak, dankie Maroela.