Soorte resepte:

Resep: Nektarien gevulde varkvleis

Nektarien gevulde varkvleis. (Foto: verskaf)

Daardie soet, sappige eerste somershappie van die eerste perske in die nuwe somerseisoen is ’n onvergeetlike belewenis.

Dit is die eerste teken van lekker, lui en warm somersdae gevul met heerlike vrugte en kosbare herinneringe.

Suid-Afrika sal vanaf Oktober van die sappigste vrugte soos perskes, appelkose en nektariens beskikbaar hê.

Die soetigheid van die vars vrugte en ’n warm varkvleisdis sal vir ’n onvergeetlike eetervaring sorg.

Lewer 4 porsies.

Bestanddele

  • 1 nektarien, fyn gekap
  • 1/4 koppie broodkrummels
  • 1 knoffelhuisie, gekap
  • 1 eetlepel gekapte vars tiemie
  • 1 teelepel paprika
  • 1/4 koppie fyngekapte spinasie
  • 50 g botter, gesmelt
  • sout en peper
  • 400 g varkfilet
  • slagterstou
  • 2 eetlepels olyfolie
  • 1 koppie water

Metode

  1. Meng die gekapte nektarien, broodkrummels, knoffel, tiemie, paprika, spinasie en botter in ’n bak, geur met sout en peper na smaak.
  2. Maak die varkfilet skoon deur enige oortollige vet en sening te verwyder.
  3. Maak ’n gleuf in die lengte in die varkfilet, sny dan langs daardie gleuf om die filet oop en aan albei kante plat te maak.
  4. Gebruik ’n vleishamer om die filet meer gelyk en plat te maak.
  5. Geur die varkvleis met sout en peper, plaas dan die vulsel op die oppervlak van die platgedrukte varkvleis, rol (van die een kort punt na die ander) om die vulsel op.
  6. Gebruik slagterstou om die rol vas te maak.
  7. Geur die buitekant met sout en peper.
  8. Verhit olyfolie in ’n pan en braai dan die vleis aan alle kante tot goudbruin.
  9. Voeg water by die pan, bedek met ’n deksel en prut vir 10 minute, of tot die vark gaar is. Haal uit die pan, bedek met foelie en laat rus vir 10 minute voor jy dit in skywe sny en bedien.

Bron: Zola Nene vir Juicy Delicious

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.