Soorte resepte:

Resep: Oupa se beesstert

Oupa se beesstert. (Foto: Lapa Uitgewer)

Daar is min dinge so eg Suid-Afrikaans soos beesstert. Hierdie warm, heerlike vleisgereg is perfek vir familie-kuiers en samesyn.

Bestanddele

  • 4 knoffelhuisies, gekneus
  • 2 selderystengels, fyngekap
  • 2 groot uie, fyngekap
  • 2 wortels, in ringe gesny
  • 600 g beesstert
  • 1 e tiemie
  • 1 e pietersielie
  • 2 k Old Brown Sherry (OBS)
  • 1 k beesvleisaftreksel
  • 3 groot aartappels, in blokkies gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Metode

  1. Soteer die knoffel, seldery, uie en wortel in jou drukkoker. Haal dit uit en hou eenkant.
  2. Bedek die beesstertstukke met ‘n bietjie meel en verbruin dit in die pot.
  3. Gooi ʼn bietjie OBS in die pot sodra die vleis gekaramelliseer het sodat die stukkies vleis en groente wat op die bodem van die pot gekaramelliseer het, kan loskom.
  4. Voeg die seldery, wortels, ui en knoffel weer by. Voeg dan die tiemie en pietersielie by asook die res van die sjerrie en beesvleisaftreksel. Voeg laastens die aartappels by.
  5. Geur met sout en swartpeper. Seël die drukkoker en stel die stoofplaat op ʼn matige tot hoë hitte. Laat die pot vir ʼn uur en ʼn half sy ding doen. As die vleis nog nie sag genoeg is nie, kan jy dit vir nog ʼn halfuur kook.

Bron: Sjef Snoekie laat die potte sing
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.