“Wil jy ons almal nooit weer sien nie?” vra Mel. “Nee,” antwoord Kiki ongeërg.
Lees meerAlles vir Donderdag 22 Desember 2022
Verbruikersake: 5 slim planne vir jou finansies oor die feestyd
As jy toegee aan die kooplus, gaan 2023 voel asof dit 100 jaar lank is, maar hoe kom jy en jou beursie deur die feestyd? Ina Opperman verduidelik.
Boere maak kapsie teen kragverhoging
“Boere móét in produksie gehou word, daarom sal die regering ʼn manier moet vind om die landbousektor te help om die situasie te oorbrug deur subsidies of spesiale tariewe.”
Lesotho wil dalk die Vrystaat vat!
Die mosie lui dat Lesotho se parlement moet besluit om die hele Vrystaat, dele van die Noord-Kaap, Oos-Kaap, Mpumalanga en KwaZulu-Natal te verklaar as deel van die Koninkryk van Lesotho.
Pretoriase rugbyafrigter het oog op wêreldrekord
ʼn Pretoriase rugbyafrigter wil ook die geleentheid gebruik om veilige rugbytegnieke by spelers te vestig.
Engeland kies Archer, Brook vir SA safari
Engeland sal so tussen die SA20-toernooi deur ʼn paar vyftigboulbeurtwedstryde teen die Proteas speel.
Taalgebruik: familie of gesin
“Familie” is nie ʼn sinoniem vir “gesin” nie. Lees vandag se Taaltoffie om seker te maak jy trap nie klei nie.
Ondersoek gevra ná trekstroom lewe van swemmers eis
ActionSA dring daarop aan dat al die Durbanse strande gesluit moet word totdat die ondersoek na die munisipaliteit se bevoegdheid afgehandel is.
Nog ʼn Kaapse strand tydelik gesluit
Voortslepende beurtkrag veroorsaak al meer probleme by rioolpompstasies in Kaapstad.
Vroue op bus in Limpopo doodgeskiet
Die verdagtes het al in Pretoria op die bus geklim en hulle as passasiers voorgedoen.
Rabada klim vier ranglysplekke
In Marnus Labuschagne, Steve Smith en Travis Head spog Australië egter met drie van die voorste vyf kolwers ter wêreld.
47 bedreigde aasvoëls vrek ná vergiftiging
Die meeste van die aasvoëls se koppe was boonop verwyder, vermoedelik om vir tradisionele medisyne gebruik te word.
‘Huiswerkers moet niemand vertrou’
Boosdoeners het hulself Woensdag as munisipale werkers voorgedoen en ’n huishulp bedrieg om toegang tot haar werkgewer se huis in Welkom te verkry.
Pype wat teaters van water voorsien, óók gesteel
Die departement van gesondheid sê nou daar blyk ’n doelbewuste poging te wees om die Chris Hani Baragwanath-hospitaal te destabiliseer.
Stormers kies sy grofgeskut vir Bulls-stryd
ʼn Sterk voorry van Steven Kitshoff, Joseph Dweba en Frans Malherbe wag op die Bulls in Kaapstad.
Kiek self jou gesin vir die perfekte Kerskaartjie
Nie almal is kranige fotograwe met ʼn oog vir ʼn mooi foto nie, maar om ʼn gesinsfoto te neem wat op jou Kerskaartjie kan pryk, kan eenvoudig en maklik wees.
Roger bring steeds sy kant
“Ons is ongelooflik dankbaar jeens Roger Federer vir hierdie goeie gebaar.”
‘Red ons lewens, vervang R70-pad’, pleit dorpskomitee
“Ons weet dat meer lewens gedurende die feestyd verlore sal gaan weens die haglike toestand van die pad, tesame met roekelose bestuur en drankmisbruik, wat die tafel vir ʼn hartseer uitkoms dek.”
Diasstrand deels oop ná walvisse uitspoel
Die bedrywige strand was vir die afgelope twee dae gesluit nadat vier dwerg-spermwalvisse op die strand uitgespoel en gevrek het.
ANC-kieskonferensie: die groot verloorders; vals eenheid
Jy kan die politiek los, maar die politiek gaan jou nie los nie. Vir die volgende twee jaar tot die 2024-verkiesing, gaan die pasverkose ANC-leiers die land regeer en besluite neem wat jou gaan raak.