Onthou ’n brug word nie net van een kant gebou nie, al dink die ANC hy kan sy voorwaardes op almal afdwing. Netso kan jy nie goeie verhoudinge en versoening met geweld op mense afdwing nie, skryf dr. Pieter Mulder.
Lees meerAlles deur die skrywer Pieter Mulder
Kortsigtige ekonomiese ekstremisme – Malema en Masina
Elke gemeenskap het Malema- en Masina-ekstremiste. ’n Gemeenskap durf net nie toelaat dat hul ekstremistiese argumente onbeantwoord gelaat word om dan uiteindelik die meerderheid se standpunt te word nie. Die ANC het hulle van Masina se standpunt gedistansieer – maar dit alleen is nie goed genoeg nie.
Is ’n oop gesprek tussen Afrikaners vandag moontlik – anders as in die 1980’s en ’90’s?
Maar gesprekke oor selfbeskikking; oor hoe die internasionale wêreld minderheidsregte hanteer; oor die rol van gemeenskappe en oor lokalisme is met een penneveeg as “verkramp” afgemaak en in dieselfde snippermandjie as ekstremiste se kru rassistiese uitsprake gegooi.
EFF misbruik spraakvryheid om demokratiese vryhede te vernietig
Geen land kan toelaat dat demokratiese vryhede soos spraakvryheid misbruik word, om presies daardie vryhede te vernietig nie, skryf dr. Pieter Mulder.
Beoordeling van FW de Klerk se 2 Februarie-toespraak – 30 jaar later
Ek was in die parlement as parlementslid toe FW de Klerk almal met sy 2 Februarie 1990- toespraak verras het. “’n Politieke staatsman word gemeet…
Die boodskap wat nie gekeer kan word
Die SAKP-parlementslid se vraag aan my was waarom Kersfees gevier word vir ’n persoon wat eeue gelede gelewe het terwyl daar baie groter onlangse helde is? Dr. Pieter Mulder beantwoord dié vraag.
Nuwe DA leier en die toekoms van opposisiepolitiek
Ons is waarskynlik besig om ’n totale herordening van veral opposisiepolitiek te sien voor die volgende plaaslike verkiesings in 2021, skryf dr. Pieter Mulder.
Ramaphosa se Thatcher oomblik kan nie baie langer uitgestel word
Wat gaan Ramaphosa en die ANC-regering doen? Gaan hulle hierdie radikale vakbonde konfronteer of pamperlang? vra dr. Pieter Mulder.
Hou die skeidsregter dop, want iemand slaan my raak!
In my ervaring lê ons probleem met Afrikaans by universiteite meer by die Afrikaanse rektors as by die ANC, skryf dr. Pieter Mulder.
‘Ek is die ANC – ek het ’n ekonomiese probleem’
Om ’n probleem te ontken, is ’n bekende verdedigingsmeganisme. Maar as jy nie jou probleem erken nie, sal jy niks doen om dit reg te stel nie. Tot nadeel van Suid-Afrika skiet hierdie ANC-leiers en alliansievennote tans Mboweni en ander ingrypende planne af. Is dit omdat hulle nie die ekonomiese krisis besef nie?
’n Ondoeltreffende maar lojale ANC-kader-staatsdiens
Hoe het Eskom in die posisie gekom waar hulle R450 miljard skuld? Eskom was voorheen winsgewend.Hoe gebeur dit dat uit 257 munisipaliteite slegs 18 skoon oudits kry volgens die jongste verslag van die ouditeur-generaal?Dit gebeur omdat Zuma en die ANC glo dat ’n lojale ANC-lid beter is as ’n kundige persoon as dit by aanstellings kom, skryf dr. Pieter Mulder.
Ouma se advies aan die ANC
“As jy ’n pynlike abses toeplak, word dit net erger. Die beste oplossing is om die abses oop te steek sodat al die gemors kan uitkom. Dan word dit gouer gesond,” was ouma se praktiese advies.
Is Mabuza ʼn kat of ʼn vlermuis?
Suid-Afrika kan nie bekostig dat die Zuma-geskiedenis herhaal word nie. Wat is Mabuza? ’n Kat, ’n vlermuis of dalk ’n wolf in skaapsklere?
Verkiesing 2019 – wat het gebeur?
Die vraag vir die toekoms is of die DA daarin gaan slaag om hulle te behou en of daar ’n steeds groter uitvloei van minderheidskiesers na ander partye gaan wees.
ANC-lyste en minderhede
Beteken dit die veelrassige reënboogdroom van die ANC was net ’n oppervlakkige siening van die ANC wat onder druk verdwyn? Gaan Ramaphosa dit ná die verkiesing probeer herstel of is die Malema-tipe swart nasionalistiese benadering ons voorland?
‘Afrikaans? Só voel ek oor DA-parlementslid se artikel’
Prof. Annelie Lotriet van die DA het ’n goeie artikel geskryf oor die swak posisie van Afrikaans en veeltaligheid in Suid-Afrika. Ek stem met die meeste punte saam en sou beslis nie soveel lelike woorde gesê het terwyl ek die artikel gelees het, as sy die artikel namens die VF Plus, AfriForum of FAK geskryf het nie.
Is regstellende aksie, prestasie en minderwaardigheid verbind?
Hoe lig jy jouself op uit so ’n situasie? Hoe herwin jy jou menswaardigheid en skud die gevoel van minderwaardigheid af? Afrikaner het ‘n goeie begrip hiervan en kan ander mense help, skryf dr. Pieter Mulder.
Hoe vergelyk Zondo-kommissie met eertydse Erasmus-kommissie en Inligtingskandaal?
Vanjaar, 41 jaar gelede, het PW Botha eerste minister geword en van John Vorster en Connie Mulder ontslae geraak, ongeag die waarheid. Hiervoor het hy die Erasmus-kommissie en die Inligtingskandaal gebruik. Hoe het die Erasmus-kommissie dit gedoen en kan ons daaruit leer om seker te maak die Zondo-kommissie word nie só misbruik nie?
Naamsverandering in Suid-Afrika
Vir goeie verhoudinge is aanvaarbare riglyne soos hierbo genoem nodig by die verandering van name. Dit is die enigste manier waardeur jy ’n situasie kan skep waar almal soos wenners voel en daar geen verloorders is nie.
Wil die ANC werklike versoening hê of kan hulle dit nie bekostig nie?
Vir dr. Pieter Mulder lyk dit uit die toesprake van ANC-leiers die afgelope tien jaar en die dade van hul volgelinge dat hulle nie in werklike versoening en die wegbeweeg van die verlede belang stel nie. Mulder verduidelik hoekom hy so voel: