Soorte resepte:

Resep: Pangebraaide garnale

Pangebraaide garnale (Foto: Lapa Uitgewers)

Maak smullekker garnale vir die gesin.

Lewer 5-6 porsies

Bestanddele

  • 2 e olyfolie
  • 15-18 middelslaggarnale, skoongemaak

Marinade

  • 2 t gekapte vars knoffel
  • 2 t woestyn- of pienk sout
  • 2 t Italiaanse kruiemengsel
  • ½ t rooipeper
  • 6 e olyfolie
  • sap van 1 suurlemoen, vars uitgedruk
  • 3 e rou heuning

Afronding

  • hand vol vars gekapte Italiaanse pietersielie
  • vars suurlemoenskywe of wiggies

Metode

  1. Meng al die bestanddele vir die marinade goed.
  2. Voorverhit ʼn braaipan of skottelskaar met olyfolie.
  3. Braai die garnale oor taamlike hoë hitte tot pienk.
  4. Voeg die marinade by en laat die sous effens verbruin.
  5. Sit dadelik voor met pietersielie en suurlemoenskywe of wiggies.

 

Bron: Karlien kan nie kook nie

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.