Soorte resepte:

Resep: Pannekoekies met hoendervulsel

Foto net ter illustrasie. (Foto: Irenna86/Pixabay)

Ligte happies soos hierdie is perfek vir jou volgende piekniekmandjie of gesinsuitstappie.

Lewer 12 tot 16 klein pannekoekies

Bestanddele

Vir die pannekoekies

  • 250 ml koekmeel
  • 5 ml bakpoeier
  • 2 ml sout
  • 2 eiers
  • 250 ml water
  • 100 ml melk
  • 20 ml asyn
  • 60 ml kookolie
  • ekstra kookolie om die pannekoekies te bak

Vir die hoendervulsel

  • 2 gaar hoenders, met ʼn vurk gepluis
  • 2-3 sprietuie, gekap
  • 30 ml rooi soetrissie, ontpit en in klein blokkies gesny
  • sout en peper na smaak

Vir die sous

  • 100 ml mayonnaise
  • 15 ml gekapte agurkie (gherkin)
  • 15 ml soetrissiesous (sweet chilli-sous)
  • 3 ml gemengde kruie

Metode

  1. PANNEKOEKIES: Meng al die bestanddele goed saam en plaas dit in die yskas vir ongeveer 25 minute. Verhit ʼn pan, smeer met olie en vul die pan met die pannekoekmengsel. Bak aan albei kante tot gaar. Hou eenkant.
  2. HOENDERVULSEL MET SOUS: Meng eers al die bestanddele vir die hoendervulsel saam en daarna al die bestanddele vir die sous. Meng dan die hoender en die sous goed saam. Skep die vulsel in die pannekoekies, rol die pannekoekies toe en bedien.

Bron: Marilyn kuier en kook
Uitgewer: Lapa 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Linda ·

lindalea
Moet asseblief tog nie die pan met die mengsel vul nie? Net ‘n bietjie mengsel om die bodem van die pan te vul/toe te maak vir ‘n heerlike dun pannekoek. Skuus, maar die paar onder ons wat nog nooit tevore pannekoek gebak het nie kan dalkies klei trap met die een?

Mad Mike die Rhodesiër ·

‘n Effens dikker pannekoekie word ‘n roti genoem. En ‘n lekker dik een word ‘n naan genoem. My Indiërvriende vertel my…

Mad Mike die Rhodesiër ·

En ‘n hoendergevulde roti word ‘n schwarma genoem…

Mad Mike die Rhodesiër ·

Nie lus vir rissies nie? Los weg of vervang met tamaties, verkieslik die kleintjies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.