Soorte resepte:

Resep: Tandoori-hoenderslaai

Tandoori-hoenderslaai (Foto: Lapa Uitgewers)

Beïndruk jou gesin met dié maklike resep vir die lekkerste kerriehoenderslaai.

Lewer ongeveer 6 porsies

Bestanddele:

MARINADE

  • 250 ml ongegeurde jogurt
  • 10 ml garam masala
  • 5 ml fyn gemmer
  • 5 ml fyngekapte vars knoffel
  • 5 ml borrie
  • 5 ml sout
  • 1 matige brandrissie, saadjies verwyder en fyngekap (opsioneel)
  • 700 g ontbeende hoenderborsies, effens platgekap en in repies gesny
  • 15 ml kanola-olie

SLAAI

  • 750 ml fyngesnyde blaarslaai
  • 750 ml fyngesnyde rooikool
  • 750 ml fyngesnyde tamaties
  • 1 bossie radyse, in skyfies gesny
  • 1 middelslag Engelse komkommer, in blokkies gesny
  • 1 bossie sprietuie, gekap
  • 250 ml fyngekapte vars koljanderblare
  • 1½ Granny Smith-appel, in blokkies gesny
  • sap van 2-3 suurlemoene
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Metode:

  1. MARINADE: Meng die jogurt, garam masala, gemmer, knoffel, borrie, sout en brandrissie in ʼn mengbak. Meng die hoender deur die marinade, bedek die bak en verkoel vir 2 uur.
  2. Verhit die olie in ʼn swaarboompan en skep die gemarineerde hoender en marinade in. Braai die hoender vir 8-10 minute tot gaar. Skep uit en laat die hoender effens afkoel.
  3. Meng die blaarslaai, kool, tamaties, radyse, komkommer, sprietuie, koljanderblare en appel in ʼn slaaibak. Skep die hoender en pansappe oor die slaaimengsel en meng. Drup die suurlemoensap oor die slaai, geur met sout en peper en bedien.

Bron: Trooskos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Mad Mike die Rhodesiër ·

Nie lus vir die brand nie? Vervang rissies met tamaties.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.