Soorte resepte:

Resep: Tong

Tong. (Foto: Lapa Uitgewers)

Min dinge sê Kersfees soos ʼn lekker stukkie beestong.

Lewer 6 porsies.

Bestanddele

  • 1 beestong
  • 15 ml (1 e) bruinsuiker
  • 4 swartpeperkorrels
  • 3 naeltjies

Rosynesous

  • 125 ml (½ k) bruinsuiker
  • 5 ml (1 t) mosterdpoeier
  • 15 ml (1 e) koekmeel
  • 30 ml (2 e) witasyn
  • 375 ml (1½ k) water
  • 125 ml (½ k) rosyntjies

Metode

  1. Plaas die tong in ʼn groterige kastrol en bedek dit met water.
  2. Voeg die bruinsuiker, peper en naeltjies by. Plaas die deksel op en laat prut oor lae hitte vir 2 ure.
  3. Haal die tong uit en laat dit effens afkoel.
  4. Trek die vel van die tong af. Sny die tong in dun skywe en pak dit in ʼn oondvaste bak.

Rosynesous

  1. Gooi die suiker, mosterd en meel in ʼn kastrol en roer goed deur.
  2. Gebruik ʼn ballonklitser en klits die water stadig by die inhoud in die kastrol sodat dit kan meng en nie klonte vorm nie.
  3. Roer die asyn by. Verhit stadig en roer af en toe tot die mengsel begin kook. Voeg die rosyne by en kook totdat die sous begin verdik.
  4. Giet die sous oor die skywe tong, plaas die bak in ʼn voorverhitte oond van 160 °C tot dit deurwarm is, en sit dan voor.

Bron: Onthoukos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.