Soorte resepte:

Resep-video: Eenbak-worsgereg

Eenbak-worsgereg (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Maklik, moeiteloos en heerlik. Die rys raak lekker sag en die wors geurig!

Genoeg vir 6-8 porsies

Bestanddele

  • 1 pak boerewors
  • 2 k witrys
  • 1 pakkie bruinuiesoppoeier
  • 6 k kookwater

Metode

  1. Gooi die rys in ʼn groot oondvaste bak met ʼn deksel.
  2. Sny die wors in stukke en pak dit rou op die rys.
  3. Strooi die pakkie bruinuiesoppoeier eweredig oor die wors en rys.
  4. Gooi die kookwater oor en bak vir 1 uur teen 180 ° Die rys sal saggekook wees en die dis is reeds gegeur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Carina ·

Ek maak al vir jare “tamatie rys wors”. Dis baie lekker en beslis nie so vaal nie.
Braai stukkies wors in ‘n pot saam met gekapte uie, gooi koppie rys by en water, en kook tot rys amper gaar is. Of jy kan die rys apart kook en by gooi. Gooi blikkie smoor by, sout en peper en bietjie chutney. Kan ook baked beans of gemengde groente bysit. Ek maak dit ook partykeer met spek stukkies i.p.v. wors. Lekker vinnige een pot gereg vir die dae wat jy nie lus is vir kosmaak nie. Skaars 20min.

Duck ·

Ek sal nog ‘n klomp knoffel ook by gooi, net vir die vampires!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.