Soorte resepte:

Resep-video: Jalapeño poppers

Jalapeño poppers. (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Dié resep uit Tobi Jooste se resepteboek, Daar is ʼn man in my kombuis, is ʼn gunsteling. Die resep is heerlik om in die oond te bak, op die kole te braai of sommer vinnig in jou lugbraaier gaar te maak. Jy kan dit as peuselhappies maak of as ʼn bykos bedien.

Bestanddele

  • 4 groot jalapeños
  • 4 repies spek
  • 200 g roomkaas

Metode

  1. Voorverhit die oond (of lugbraaier) tot 200 °C en spuit ʼn oondpan met kleefwerende kossproei.
  2. Sny elke jalapeño in die helfte deur. Krap die pitte versigtig met ʼn lepel uit.
  3. Vul elke helfte goed met die roomkaas en plaas die helftes op mekaar.
  4. Rol ʼn spekrepie om elkeen en steek dit met ʼn tandestokkie vas sodat die spekrepies in plek bly.
  5. Plaas dit in die voorbereide oondpan.
  6. Bak dit vir 20 minute in die oond (of 10 minute in die lugbraaier) tot die spek gaar is en die jalapeños sag.

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Besoek Die Koöperasie om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ʼn plaaskombuis te omskep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.