Soorte resepte:

Resep-video: Kaas-en-maalvleisgereg in lugbraaier

Kaas-en-maalvleisgereg in lugbraaier. (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Maak hierdie heerlike gereg wanneer jy oorskietmaalvleis het. Bedien dit saam met rys, ‘n slaai of selfs op tortillaskyfies.

Bestanddele

  • 500 g gaar maalvleis
  • 1 k ricottakaas
  • ¼ k mozzarellakaas, gerasper
  • ¼ k parmesaankaas, gerasper
  • 1 e vars tiemieblaartjies
  • 2 eiers, geklits

Metode

  1. Voorverhit die lugbraaier tot 220 °C en spuit ʼn oondbak wat in jou lugbraaier sal pas met kleefwerende kossproei.
  2. Meng al die kase en voeg die tiemie by.
  3. Gooi die geklitste eiers by.
  4. Skep die maalvleis in die voorbereide oondbak en los genoeg spasie vir die kaasbolaag.
  5. Gooi die kaasmengsel bo-oor die maalvleis.
  6. Bak dit in die lugbraaier vir sowat 10 minute of tot goudbruin (indien jy die resep in jou oond wil bak, kan jy dit vir sowat 15-20 minute bak teen 220 °C).
  7. Sit dit warm voor.

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ʼn plaaskombuis te omskep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Karoo ·

Klink vir my soos ‘n lekker vulsel vir’ n Jaffel…. sal dalk die Ricotta kaas vervang met ‘n 1/2 Fetta kaas.

Kobus ·

Lyk lekker, net jammer meeste resepte bevat al die duur kaas produkte.

george ·

Praat jy Kobus. Die gewone kaas is alreeds onbekostigbaar. Ek wil nie een weet hoeveel die tipe kos nie lol.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.