Baie eenvoudig en smelt-in-jou-mond-lekker.
Bestanddele
- 1 ½ k bruismeel (of 1 ½ k koekmeel en 2 t bakpoeier)
- ½ t sout
- 1 blikkie heelpitmielies, gedreineer
- 2 k kaas, gerasper
- ¼ k sprietuie, gesnipper
- 1 k melk
- 1 eier
- ½ k biltong, gekap en ekstra vir bo-op
Metode
- Meng meel en sout saam en voeg mielies, kaas, sprietuie en biltong by.
- Meng melk en eier saam en meng by meelmengsel in.
- Skep in voorbereide muffinpannetjie, sprinkel ekstra biltong bo-oor en bak vir 15-20 minute teen 190 °.
Resep: Janie Monsieur
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
O Lekker, iets nuut vir die Sondae tee tafel
Sodra jy biltong gaar maak, is dit nie meer biltong nie. Dan kan jy enige vleis met biltongspeserye gebruik.