Soorte resepte:

Resep-video: Kerrie-varktjops vir die gesin

Kerrie-varktjops vir die gesin. (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Vleis kan maklik die duurste uitgawe vir ʼn maaltyd wees en met koelkaste wat oor die Kersseisoen vol staan, kan dit ook ʼn uitdaging word om die vleis vars te hou. Dié resep is perfek vir wanneer jy so bietjie ekstra spasie in die yskas benodig, aangesien die marinade die vleis preserveer (die tjops kan tot 2 weke in die yskas hou). Dié kerrie-varktjops kan oor die vuur of in die oond gebraai word. Onthou, hierdie varktjops moet vir drie dae marineer, maar dit is definitief die wag werd.

Die varktjops werk sowat R150 uit indien jy dit by uitgesoekte SPAR-handelaars aankoop. Dié prys* is uitgewerk vir al die bestanddele, behalwe die stapelitems wat waarskynlik reeds in jou kombuiskaste is.

*Die prys is uitgewerk op spesifieke SPAR-handelaars se pryse en kan verskil.

Bestanddele

  • 4 varktjops (jy kan ook 8-10 lamstjops gebruik)

Marinade

  • ½ k bruinsuiker
  • ½ k bruinasyn
  • 1 e kerriepoeier
  • 1-2 knoffelhuisies, fyngekap (opsioneel)
  • 1 t borrie
  • 1-2 e appelkooskonfyt
  • 1 t sout
  • ½ t witpeper

Metode

  1. Meng al die bestanddele vir die marinade saam en kook dit in ʼn potjie op die stoof of in die mikrogolfoond.
  2. Pak die varktjops in ʼn plat bak en gooi die sous bo-oor. Sorg dat die tjops heeltemal bedek is. Marineer die vleis vir ten minste 3 dae en draai die tjops daagliks om.
  3. Braai die tjops vir ʼn paar minute aan ʼn kant oor matige kole tot gaar. Smeer gereeld van die marinade oor die tjops terwyl hulle braai.

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ʼn plaaskombuis te omskep.

Dankie aan SPAR wat dié video geborg het. Ons het van SPAR se handelsmerkprodukte vir die bestanddele gebruik, asook produkte uit SPAR se jongste Masterchef-reeks.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.