Soorte resepte:

Resep-video: Rooiwyn-wildsvleis

Rooiwyn-wildsvleis. (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

ʼn Wildsvleis-gereg is wat jou pa op Vadersdag verdien.

Hierdie heerlike gereg bring die rykheid van wildsvleis en die volheid van rooiwyn bymekaar vir ‘n ongelooflike smaakervaring. Die resep sal jou hierdie winter van binne af warm hou.

Die resep maak genoeg vir sowat 8 honger mae.

Bestanddele

  • 1 kg wildsvleis, in stukke gesny
  • 1 pakkie spek, in stukkies gesny
  • 250 g sampioene, opgesny
  • 3 wortels, geskil en kleiner gesny
  • 1 ui, opgekap
  • 3 knoffelhuisies, fyngesny
  • 2½ e meel
  • sout en peper na smaak
  • 1 lourierblaar
  • 6 takkies vars tiemie
  • 2 takkies vars roosmaryn
  • 2 k beesaftreksel, opgelos in water
  • 4 k droë rooiwyn (ons gebruik ʼn pinotage)

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 160 °C.
  2. Bestrooi die wildsvleis goed met sout en peper.
  3. Braai die spek en sampioene in ʼn groot gietysterpot oor matige hitte tot gaar en verwyder dit dan van die pot en plaas eenkant om later te gebruik.
  4. Indien nodig, gooi 1 eetlepel olie in die pot en verhoog die hitte van die plaat. Braai dan die wildsvleis tot bruin aan elke kant, sowat 1 minuut per kant en plaas dit ook eenkant.
  5. Gooi die wortels en uie in die pot en braai dit vir sowat 3 minute, terwyl jy bietjie van die beesaftreksel byvoeg sodat dit nie vasbrand nie.
  6. Gooi die knoffel en wildsvleis by en braai dit verder vir sowat 1 minuut.
  7. Sprinkel die meel bo-oor die vleis en meng goed om die vleis te bedek.
  8. Gooi die vars kruie, lourierblaar, die res van die beesaftreksel en wyn by en meng alles weer goed.
  9. Plaas die pot se deksel bo-oor en bak dit in die oond vir sowat 3 tot 3,5 ure.
  10. Verwyder dit uit die oond en meng die spek en sampioene by die gereg.
  11. Bedien warm saam met rys of stampmielies.

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ʼn plaaskombuis te omskep.

Onseker oor waar jy wildsvleis in die hande kan kry? Vra die jagters in jou familie om ʼn draai te gaan maak by Berchtesgaden Game Ranch  & Lifestyle farm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.