Soorte resepte:

Wen ʼn Spiegelau-geskenkpak van SPAR

Die SPAR-geskenkpak op die spel

Spiegelau, bekend onder die wêreld se mees toonaangewende hotelle, restaurante en kroeë, is nou ook vir SPAR-klante beskikbaar met ʼn buitengewone aanbod wat op ʼn besparing van 75% neerkom.

Dié eksklusiewe promosie is slegs by SPAR beskikbaar tot 25 Februarie 2024.

Elke plakker het ʼn delgingswaarde van R100, en sodra jy 10 plakkers ingesamel het, kan klante hulself bederf met die Spiegelau-reeks teen ʼn ongekende afslag van tot 75%.

Vir elke R100 wat jy per transaksie by SPAR, SUPERSPAR, KWIKSPAR, SPAR Express, SAVEMOR of TOPS by SPAR-winkels spandeer, ontvang jy een plakker. SPAR Rewards-klante ontvang een bykomende plakker. ʼn Versamelaarskaartjie met 10 plakkers stel jou in staat om een Spiegelau-produk teen die afslagprys aan te skaf van die reeks wat in die winkel uitgestal word. Kies jou produk en neem dit saam met jou voltooide versamelaarskaartjie na die toonbank.

Dié besonderse aanbod word beperk tot SPAR-winkels in die Wes-Kaap, Oos-Kaap, Laeveld, Suid-Rand en Noord-Rand.

Maak jou oomblikke spesiaal met Spiegelau – waar uitnemendheid en bekostigbaarheid mekaar ontmoet.

Klik hier om meer oor die reeks te lees.

Wen die reeks

SPAR wil graag een gelukkige Maroela-leser bederf met die volledige Spiegelau-reeks wat tans deur dié spesiale aanbod beskikbaar is.

Jou geskenkpak sluit in: twee whiskyglase, twee lang glase, twee skemerkelkieglase, twee jenewerglase, ʼn mengglas, Kenwood-menger en ʼn drie-stuk-skemerkelkiestel. Die handelswaarde van jou geskenkpak beloop byna R4 900.

Maak seker jou inskrywing bereik ons voor 25 Februarie.

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes

  • Die sluitingsdatum vir inskrywings is 25 Februarie 2024 om 23:45.
  • Die wenner se naam sal lukraak uit die inskrywings getrek word.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Maroela Media sal die wenner telefonies en per e-pos kontak. Indien jy nie van Maroela hoor nie, kan jy aanvaar dat jy nie die wenner was nie.
  • Die wenner se naam sal op Maroela Media bekendgemaak word.
  • Die prys kan nie vir kontant geruil word nie.
  • Die geskenkpak sal per koerier aan die wenner gestuur word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.