Video: Dié manne skrik nie vir koue – of groot – pampoen

Cornelis Bester. (Foto: Maroela Media/Pieter Cloete)

Die Goliat van Gat-pampoenfees het vir die 20ste jaar agtereenvolgens vir groot pret gesorg toe die grootste pampoen oudergewoonte by die Pretoriase Boeremark in Silverton aangewys is.

Cornelis Bester het dié jaar met die prys vir die grootste pampoen weggeloop. Sy bielie van ʼn pampoen het 730,8 kg geweeg, amper 200 kg meer as die naaswenner s’n. Dit is ook heelwat groter as verlede jaar se wenner, wat 680 kg gehaal het.

Jy hoef ook nie ʼn boer te wees om ʼn bielie van ʼn pampoen te kweek nie. Bester het aan Maroela Media vertel hoe hy dit reggekry het.

Vanjaar se wenners

Mooiste pampoen: Wykus Lamprecht
Oorspronklikste pampoen: Wykus Lamprecht
Spangees: Oupa se span
Junior kwekers: Ruben & Ane Small, 203,2 kg
Grootste pampoen:
Derde: Dirk Small, 467,4 kg
Tweede: Wykus Lamprecht, 568 kg
Eerste: Cornelis Bester, 730,8 kg

Al die pampoene wat ingeskryf is, word aan ʼn welsynsorganisasie geskenk om onder behoeftiges in en om Pretoria te versprei.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.