Finansieringsmodelle vir sonkrag by jou huis of onderneming

Argieffoto (Foto: Leopictures / Pixabay)

Suid-Afrika gaan tans gebuk onder die stygende kostes van elektrisiteit, te midde van voortgesette beurtkrag, verhoogde inflasiekoerse en ʼn daling in verbruikersvertroue. Al hierdie elemente het verbruikers onder geweldige finansiële druk begin plaas.

Met die astronomiese toename in tariewe deur verskeie munisipaliteite reg oor die land sedert 1 Julie 2023, is dit duidelik dat daar na alternatiewe kragbronne gekyk moet word. Dit is egter wonderlik om te weet dat daar nou verskeie maniere is om jou sonkragreis te finansier. Hohm Energy verstaan elke individu se unieke behoeftes, en aangesien hulle die leiers in die energieveld is, bied hulle ʼn wye verskeidenheid finansiële oplossings vir verbruikers.

Genereer ʼn gratis voorlegging en ontdek ʼn wye reeks sonkrag-finansieringsopsies wat in jou individuele behoeftes voorsien.

As ons 2022 met 2023 se beurtkrag-toepassing vergelyk, het ons al reeds 50% meer beurtkrag hierdie jaar gehad, as die hele 2022.

Hierdie toename is kommerwekkend, en hoër as die oorspronklike voorspelling deur die energie-kenner Matthew Cruise, wat voorspel het dat beurtkrag oor die volgende vyf jaar sou verdubbel het.

Die hoofoorsaak vir die verhoogde beurtkrag volgens Cruise is drievoudig:

  1. Steenkool-kragstasies se afname as gevolg van veroudering en Eskom se verouderende vloot, sal gevolg hê dat kragstasies oor die volgende vyf jaar begin sluit.
  2. Daar is minimale grootskaalse publiek-befondsde kragopwekkingskapasiteit wat oor die volgende vyf jaar aanlyn gaan kom om te voldoen aan die aanvraag na spitstyd-elektrisiteit in die aande.
  3. Beperkings op die infrastruktuur verhinder private kragopwekking om aanlyn te kom, soos onlangs uitgelig deur die minister van elektrisiteit. Dit sal daartoe lei dat tendervenster 6 met meer as 50% misluk.

Hierdie faktore het dit duidelik gemaak dat Suid-Afrika nie langer op Eskom kan staatmaak om vir ons stabiele energie te verskaf nie.

ʼn Toeloop van prysverhogings

Die Nasionale Energiereguleerder van Suid Afrika (Nersa) was verantwoordelik vir ʼn aansienlike verhoging in energietariewe. In finansiële jaar 2023/2024 is daar ʼn gemiddelde prysverhoging in die tariewe van 18,65%, met ʼn belande verhoging van 12,74% gedurende die volgende jaar. Hierdie verhogings is goedgekeur, ondanks president Cyril Ramaphosa se pleidooie vir die afskaffing van die tariefverhogings, in lig van verhoogde lewenskoste en toename in beurtkrag.

Hierdie toename verskil oor die land, met eThekwini (Durban) wat die hoogste tariefverhoging toegepas het.

Hieronder is die geïmplementeerde verhogings oor die primêre metro’s, van die hoogste to die laagste:
eThekwini (Durban): 18,49%
Kaapstad: 17,60%
Tshwane (Pretoria): 15,10%
Buffalo City (Oos-Londen): 15,10%
Ekurhuleni (Germiston): 14,98%
Johannesburg: 14,97%

Hierdie tariefverhogings is ʼn uitdaging – nie net vir huishoudings nie, maar ook vir besighede en ander verbruikers.

Die koste van sonkrag, in vergelyking met algemene energiekostes.

Met hierdie tariefverhogings, is die koste om ʼn sonkrag-oplossing deur Hohm Energy te finansier, nou amper gelykstaande aan die bedrag wat jy op jou elektrisiteitsrekening sal spaar. Dit is ʼn spelwisselaar in die kostedoeltreffendheid van sonkragenergie in Suid-Afrikaanse huishoudings en ondernemings. Die vorige uitdagings van hoë vooruitbetalings wat gewoonlik met sonkrag-installasies verband hou, word gevolglik verlig, en dit maak van sonkrag ʼn meer lewensvatbare alternatief as tradisionele elektrisiteit.

Genereer ʼn gratis voorlegging en ontdek ʼn wye reeks sonkrag-finansieringsopsies wat in jou individuele behoeftes voorsien.

Hohm Energy se verskeie finansieringsopsies

Hohm Energy is revolusionêr in die Suid-Afrikaanse energiemark, met ʼn omvattende reeks sonkrag-finansieringsopsies. Ons verstaan dat een prys nie elkeen sal pas nie, en dus voorsien Hohm Energy ʼn unieke oplossing vir elke individu.

Vir huiseienaars met verbande is daar die opsie om jou huisverband te verleng. Dit integreer die belegging in die bestaande leningstruktuur, wat ʼn bekostigbare en ʼn maklike oplossing is vir sonkrag-finansiering.

Vir diegene wat op soek is na bate-gesteunde finansiering, het Hohm ʼn vennootskap met Nedbank MFC aan gegaan, waar hulle ʼn doelgemaakte oplossing bied – gefokus op sonkragprojekte. Hierdie finansieringsopsie is soortgelyk aan voertuigfinansiering, waar die sonkragstelsel oor ses jaar afbetaal word, en die eienaarskap uiteindelik oorgedra word na die eienaar.

Hohm se innoverende vennootskap met GLINT word ook binnekort bekendgestel. Dit is ʼn nuwe subskripsiemodel. Vir ʼn vasgestelde maandelikse fooi kry die individu toegang tot die wonderlike voordeel wat sonkrag vir huishoudings bied. Dit word uniek aangepas vir elke huishouding se individuele behoeftes, sonder al die rompslomp wat gepaard gaan met die besit van jou eie sonkragstelsel, soos die instandhouding en versekering daarvan. Die GLINT-sonkragoplossing sluit die installasiekoste, onderhoud en die monitering van jou sonkragstelsel in.

Benut die krag van die son

Ten spyte van die “pouse” in beurtkrag, het die verhoogde elektrisiteitstariewe reg oor die land duidelik weer die bekostigbaarheid van sonkragenergie in die kollig geplaas, as ʼn meer bekostigbare energie-oplossing. Hohm se reeks buigsame finansieringsopsies, maak sonkrag meer toeganglik en bekostigbaar vir Suid-Afrikaanse huishoudings en ondernemings.

Deur toegang te verkry tot Hohm Energy se sonkrag-oplossings, kan verbruikers beheer oorneem van hulle energiekostes, onafhanklikheid verkry en ʼn bydra lewer tot ʼn volhoubare en skoner toekoms.

Besoek Hohm Energy se webtuiste en genereer ʼn gratis voorlegging om ʼn wye reeks sonkrag-finansieringsopsies te sien wat aan jou unieke behoeftes voldoen.

Genereer ʼn gratis voorlegging en ontdek ʼn wye reeks sonkrag-finansieringsopsies wat in jou individuele behoeftes voorsien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.