Eiendom op dié landbouveilings beskikbaar

Skermgreep uit die video

Die landbou-eiendomsmark beleef voorwaar ʼn blomseisoen ten spyte van baie veranderlikes. Aguila Real Estate se landbouspesialiste werk reg oor die land: letterlik van Alldays in die noorde tot George in die suide. Komende aanlyn veilings lok wye belangstelling. Voornemende kopers wat wissel van mega- tot gemiddelde boere, sakemanne en beleggers is op soek na verskeidenheid en hou vol dat landbougrond hul beste belegging bly.

“Dit is voorwaar verblydend om die positiwiteit en ywer te beleef. Suksesvolle boere deel dikwels dat hul tog spyt is dat hul nie op ʼn vroeër ouderdom in hul lewe meer grond gekoop het nie,” sê Aguila Real Estate.

Daar is vir elke eiendom ʼn koper. Die pragtige Alldays-plase wat vanaf 23 Maart 2022 op Aguila se aanlyn veiling beskikbaar is, bied ‘n absolute perfekte Bosveld-ervaring.

Daar is twee titelaktes: 750 ha + 774 ha aangrensend met pragtige infrastruktuur, nuutgeboude damme, marmer en verskeie waardevolle gesteentes en natuurlike fauna en flora maak die totale 1524 ha onweerstaanbaar.

Besproeiingsplase is ook altyd in aanvraag, soveel te meer uit die magtige Oranjerivier tussen Douglas en Prieska. Absolute presisie en perfeksie op die twee buurplase met top gesaaides en opbrengste en uiters netjiese infrastruktuur bied die kans van ‘n leeftyd. Dit is boonop van die veiligste gebiede in ons land.

Registreer op Aguila se webwerf om deel te neem aan die veiling van hierdie waardevolle plase.

Vrystaat-eiendomme is tans uiters gewild. Afgetrede boere of selfs jong getroudes en sakemanne geniet goeie en veilige kleinhoewes waar ruimte, die natuur en diere hul behoeftes bevredig. Twee pragtige 4,28 ha-eenhede is net buite Bloemfontein beskikbaar met twee lieflike drieslaapkamer wonings, twee moderne woonstelle, netjiese lapa, swembad, pragtig gevestigde tuin en veel meer. Springbokkies wat vrylik rondbeweeg en absolute asemrowende sonsondergange maak die veilingseiendom verseker ‘n puik belegging. Ideaal vir groot gesinne en gerieflike afstand van goeie skole en hospitale en lughawe.

Dit is duidelik dat boere altyd weidingsgrond soek. Kleiner plasies tussen 300 ha en 400 ha is ideaal vir sakemanne wat geniet om naweke weg te breek uit die stad en hul gesinne en die buitelewe te geniet. Aguila het juis só 339 ha in die Jacobsdal-distrik, gerieflik geleë tussen Bloemfontein en Kimberley.

Grondpryse beleef sterk eskalasie en goeie saaigrond bly ʼn aanwins. Bainsvlei, wes van Bloemfontein met puik diep lande, lewer goeie oeste en is altyd gewild. Die kleiner eenhede maak boerdery gerieflik vir die spesifieke kopers, ook naby genoeg vanaf die mark. Grondpryse nader aan die stad is aansienlik hoër. Moenie die 171 ha-plaas laat verbyglip nie!

Registreer op Aguila Real Estate se veilingsplatform om hierdie Bosveld-belegging of perfekte Oranjerivier-besproeiingsplase of ander leefstyl, weiding of saaigronde te bekom.

Skakel of WhatsApp gerus Cherié Fourie by 084 681 7897 om meer besonderhede te bekom. Grond word nie meer nie. Belê nou!

Posted by Cherie Fourie – A Division of Aguila Real Estate on Saturday, February 12, 2022

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.