Dit is nou makliker vir toeriste van Suid-Afrika om na Frankryk te reis.
Lees meerAlles vir Maandag 7 Maart 2022
Minister se besluit vir myn by Krugerwildtuin afgekeur
“Dit is ’n groot oorwinning, maar die stryd is nog glad nie verby nie.”
Oud-baasspeurder ontken dwelm-aanklagte
“My kliënt het nie skuld beken nie en daarom is dit nou vir my net belangrik om sy vryheid te verseker deur ʼn aansoek om borgtog.”
Vroue verdien steeds baie minder as mans
“Die salarisgaping staan in die pad van talle vroue wat sukkel om hul drome vir hul kinders te laat realiseer.”
‘Harry Potter’-skrywer wil kinders in Oekraïne help
“Ek sal persoonlik skenkings vir dié doel van tot £1 miljoen ewenaar.”
ToekomsVenster: Het jy al nagedink oor die lewe?
Waar is daar dan tyd vir dink, nadink, bepeins, besoek en nabetragting?
Regering baklei teen ophef van ramptoestand
“Enersyds sê pres. Cyril Ramaphosa dat die regering die ramptoestand wil ophef, maar andersyds beveg hulle enige poging in die hof om juis dít te doen.”
Fase 2-beurtkrag ingestel
Die kragvoorsiener moes sedert die naweek op noodopwekkingsreserwes steun nadat verskeie eenhede uitgeskop het.
75 Sol-Tech-studente promoveer ná indiensopleidingsfase
“Mag jy daar waar jy gaan, altyd die woorde van die Sol-Tech-roepstem onthou: ‘In sy almag is geloof my krag, môre begin vandag’.”
Universiteitsgrade beteken weinig vir SA ekonomie
“Matriek of ʼn graad het individuele waarde en verhoog iemand se kans op indiensneming, maar as ʼn groep dra diegene met sulke kwalifikasies min ekonomiese waarde by.”
Luister: Suksesvolle entrepreneurs delegeer
“Entrepreneurs wat sukses behaal, weet hoe om te delegeer, en hulle weet watter aspekte van die onderneming voorrang moet geniet.”
Ontvoerde kinders se liggame gevind
Die polisie het sedertdien ʼn man vir ondervraging ingeneem.
Onbekende Afrikaanse taalstryder gevier
Ds. August Ahrbeck se naam is dalk ʼn relatief onbekende een, maar sy aandeel in die stigting en ontwikkeling van Afrikaans, veral as gedrukte taal, is uiters geskiedkundig van aard.
‘The Voice’-wenner se broer, skoonsuster doodgeskiet
ʼn 15-jarige seun is ná die skietvoorval in hegtenis geneem.
Shane Warne aan natuurlike oorsake dood
Die legendariese Australiese bybreek-bouler sal binnekort met ’n staatsbegrafnis vereer word.
Bekende argitek se graf opgespoor
Twee dae voor die herdenking van Sytze Wierda se geboortedag op 28 Februarie, is sy graf deur hierdie einste grafskoonmakers opgespoor.
Resep: Griekse braaibroodjies
Griekse braaibroodjies mag dalk net die interessante, nuwe plaasvervanger vir jou naweekbraai se bykos wees.
Reeds 4 by SSA in die pad gesteek
Die Staatveiligheidsagentskap is glo vasbeslote om korrupsie in sy geledere uit te roei en sy naam in ere te herstel.
Dundee-onnie moenie borgtog kry, vra LUR
“Ouers vertrou onderwysers met die lewe van hul kinders, daarom is dit walglik en teleurstellend dat ʼn onderwyser ʼn kind so kan misbruik.”
Wenners: RUGBY 22-speletjie
Twee gelukkige Playstation-spelers het elkeen die kans gestaan om ʼn RUGBY 22-speletjie te wen.