Regering baklei teen ophef van ramptoestand

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Die regering is oënskynlik nie gretig om die nasionale ramptoestand – wat die regering help om die Covid-19-pandemie te bestuur – te beëindig nie.

Dít nadat die regering Solidariteit verlede week meegedeel het dat hy dié organisasie se aansoek om die ramptoestand op te hef in die hof gaan teenstaan.

Die ramptoestand is die afgelope twee jaar, sedert die aanvang van die pandemie in Maart 2020, maandeliks verleng.

Solidariteit het hom vroeër vanjaar tot die hof gewend in ʼn poging om die ramptoestand finaal te skrap.

Dié saak word nou op 20 April in die hooggeregshof aangehoor.

Die burgerregteorganisasie AfriForum het ook met ʼn afsonderlike hofgeding begin om eindelik die voortsetting van die huidige ramptoestand as ongeldig te verklaar.

Volgens Solidariteit steun die regering se reaksie sy besluit om met die saak voort te gaan ondanks die beloftes wat gemaak is om die Covid-19-verwante regulasies te verslap.

“Enersyds sê pres. Cyril Ramaphosa dat die regering die ramptoestand wil ophef, maar andersyds beveg hulle enige poging in die hof om juis dít te doen,” sê dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.

“Dit wek die indruk dat beloftes oor die beëindiging van die ramptoestand net so leeg is soos dié van slimstede of die bekamping van korrupsie. Sonder eksterne druk sal sulke beloftes nooit verwesenlik word nie.”

Solidariteit voer aan dat daar geen rede is vir die ramptoestand om steeds van krag te wees nie en dat die voorwaardes vir die ramptoestand reeds verval het, dus moet dit beëindig word.

“Die ramptoestand verleen abnormale mag aan die regering vir abnormale omstandighede. ʼn Regering mag nie ʼn dag langer as wat nodig is dié magte hê nie,” sê Hermann.

“Ons moet onthou dat die magte wat die regering nóú het, dieselfde magte is waarvolgens daar besluit is watter skoene gedra mag word en beveel is dat warm kos nie verkoop mag word nie. Dit is ook tydens hierdie abnormale magstoestand waar miljarde rande aan Covid-19-geld geplunder is.”

Die bedoeling van die Rampbestuurswet is om reaktief eerder as proaktief op te tree en Solidariteit meen dat die regering nie meer hierdie toestand kan verleng ter wille van moontlike nuwe vlae van die virus nie.

“Die wetgewing maak geensins voorsiening vir die bestuur van ʼn toekomstige pandemie met ʼn bestaande ramptoestand nie. Ons moet nou begin om Covid-19 as endemies te hanteer.”

Ramptoestand ‘skadelik’ vir SA

Solidariteit voer in sy hofstukke aan dat die deurlopende verlenging van die ramptoestand skadelik is vir die ekonomie asook sosiale en politieke norme in Suid-Afrika.

“Ons word blootgestel aan die magsvergrype van ʼn bevelsraad sonder dat dit enigsins verantwoordbaar gehou word vir die instelling van regulasies en beperkings wat dit op mense afdwing. Mense verarm omdat hulle nie na behore kan werk nie en kinders het nie voldoende geleentheid om te leer nie. Hierdie raad se skrikbewind moet nou end kry,” sê Hermann.

Die DA het ook sy misnoeë met die voortslepende ramptoestand uitgespreek en voer aan dat hoewel vlak 1 van die inperkingregulasies relatief skadeloos voorkom, dit allermins skadeloos is.

“Die toerismebedryf het vroeër 10% van alle werksgeleenthede in Suid-Afrika uitgemaak, maar nou word die herstel daarvan belemmer deur vereistes soos ʼn negatiewe PCR-toets om die land binne te kom, wat net nog ʼn groter finansiële las op toeriste plaas,” sê John Steenhuisen, leier van die DA.

Terwyl die res van die wêreld stadions vol toeskouers vir sportbyeenkomste en vermaakgeleenthede het, verhoed Suid-Afrika se beperkings dat die vermaaklikheidsbedryf weer aan die gang kan kom.

“Tersiêre instellings funksioneer steeds op ʼn hibriede wyse wat ʼn negatiewe uitwerking op studente het vir wie aanlyn opsies nie ideaal of beskikbaar is nie.

“Sommige polisiekantore en ander regeringskantore sluit ook steeds om duur en onnodige skoonmaakprosesse te ondergaan wanneer ʼn enkele Covid-19-geval voorkom,” sê Steenhuisen.

Volgens die DA is dit tyd om Covid-19 op dieselfde manier as ander gesondheidsrisiko’s te behandel.

“Goedkoop en vinnige Covid-19-toetse vir tuisgebruik moet gelisensieer word sodat mense self kan besluit of hulle ʼn risiko vir die samelewing inhou. Maskers moet ook slegs in hoërisiko-kontekste vereis word.

“Alles moontlik moet gedoen word om ons ekonomie weer aan die gang te kry,” sê Steenhuisen.

“Ons kan nie meer toelaat dat ons deur ʼn bevelsraad regeer word nie. Ons moet terugkeer na ʼn normale demokrasie,” het Hermann bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Reynier ·

Die narre is magsbehep en solank hulle die valse ramp toestand kan onderhou kan die kameraderie die koffers plunder.

JM ·

Ek moes vandag al 3x inteken!!

Die ANC regeer Suid-Afrika op ‘n kommunustiese wyse; het dit by hul Russiese maatjies geleer.

Tiptol ·

JM ek het opgehou kommentaar lewer want die proses is glad nie gebruikers vriendelik nie.

Harley Davidson ·

Die Anc regime is magsbehep en sien die ramp toestand as ‘n manier om die mense te beheer soos hulle graag sou wou doen onder normale omstandighede.

Kokerboom ·

Dis tragies dat ‘n volk moet in hof baklei vir vryhede teen regering wat hul verkies het!Absoluut sinneloos. Baklei teen magsbeheptheid. Dis NIE demokrasie

Retha ·

Dis lankal nie meer ‘n demokratiese land nie-stadig maar seker maak hulle ons “gemaklik” met anargie en kommunisme.

Owlie ·

Die vraag is nie net hoekom die ramp toestand nie op gehef word nie maar ook wie maak geld uit al die onnodige pcr toetse, maskers, tourisme en kos bedryf wat besigheid verloor, kantore/besighede wat covid as verskoning gebruik om toe te wees, die onnodige duur skoonmaak van kantore wat in elk geval net bo langs skoon gemaak word indien wel ??????

Karlahari ·

Jy is heeltemal reg. Die blou mediese maskers is nou beskikbaar teen R25 vir n pakkie van 50. Sommige store sit nog vol voorraad wat teen R5.00 elk aangekoop us.

RS ·

Ramptoestand bestaan lankal nie meer in die regte lewe nie….net op papier.

Nataly ·

Dit is net jammer dat niemand help om Universiteite vol oop te kry nie want solank die ramptoestand bly sal hulle dit nie oop maak nie.

Anel ·

Die komuniste het oor gevat sonder om ‘n skoot te skiet. Hulle gaan defnitief nie sommer maklik oor gee en sonder ‘n bakleiery aan demokrasie nie!!!

Casper ·

Hulle wil darem nog vir oulaas die beursies en bankbakanse vol maak dan sal hulle die ramotoestand ophef.Daar is geen rede meer om die ramptoestand op ons af te dwing nie.

Samuel ·

Demokrasie, sê jy mnr Herman? Ons is ‘n sosialistiese -kommunistiese staat. Kopdoek, CR et al verlekker hulle in ons geskree.

capie ·

Ek het dit al voorheen gesê, Die regime gebruik die huidige situasie as ‘n soort staatsgreep en sal dit nie wil verloor nie. Al ooit gedink dat hulle die regering sal oordra aan ‘n ander party as hulle ‘n verkiesing sal verloor?. Sal net stemme tel soos in Zim en met weermag en polisie regeer soos ” Moeder Rusland”.

Chris ·

Waar is ‘n ramp om so toestand af te dwing. Ek gaan in elk geval indien die lawwigheid ten einde kom aanhou om masker is winkelsentrum te dra. Ek haat dit wanneer iemand te naby my staan. Ek spreek die persoon ferm dog vriendelik aan om te soontoe. Dit is genoeg om my eie kieme in te asem.

Ettienne ·

Interressant die opmerkinge oor die rol van kommunisme. Die ideologie is net in Afrika gebruik om beheer oor te neem. Die magsbeheptheid, imorele optrede, selfverryking, maklike uitwis van enig teenstand, kom nie uit kommunisme nie, dit kom uit die spirit of Africa, en heers al vir eeue in Afrika….

Johan ·

Ek verstaan net nie hoekom julle nou so verbaas is nie. Wat het julle gedink gaan gebeur toe julle al die mag vir hulle gegee het.

Jack ·

Moenie vergeet dat kopdoek in die agtergrond die besluit neem nie ramaphosa nie. Hy het ap voorheen iets gese dan word dit net daarna omgekeer. Duidelik het hy geen invloed by besluitneming nie. Dink maar oor al die chaos wat reeds vooruitgang belemmer deur juis dit.

Chris ·

Die “Stakeholders” soos die Ramaphosa-bende dit in Desember 21 gestel het, het seker nog nie goedkeuring verleen nie!!!

Genis ·

Dis verregaande eindelik… Hierdie is mags beheptheid, om beheer en korrupsie aan die lewe te hou…

madels ·

Ons almal weet mos nou al dat ALLES oor BEHEER EN GELD gaan!!!!!! Niks met ons gesondheid uit te waai nie!! :-(

Jack ·

Terwyl die KGB hulle meesters is sal die land kommunisties regeer word. Kommunisme het nou net n kapitalistiese baadjie aangetrek om makliker die weste te bluf.

Jannie van Niekerk ·

Daai 100jarige ou antie met die kopdoek slaan eintlik die kitaar. Sy moes al tweemljoen jaar voor die skepping met pensioen gegaan het dan was alles alweert normaal.

Sannie Sies ·

En tog word mense wat nie die “jab” wil vat nie vandag nog met hulle werk gedreig!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.