Regstappe kom ná verlenging van ramptoestand

(Foto bloot ter illustrasie: Henk Kruger/ANA)

Die Solidariteit Beweging, waaronder die burgerregte-organisasie AfriForum en die vakbond Solidariteit, gaan nou met regstappe begin om die howe te vra om die ramptoestand in Suid-Afrika te beëindig.

Dít volg nadat Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Vrydag in die Staatskoerant bevestig het dat die ramptoestand met nog ʼn maand verleng is – glo weens ʼn behoefte om bestaande wetgewing verder te versterk. Dit sluit die regering se gebeurlikheidsmaatreëls teen Covid-19 in. Die ramptoestand duur nou reeds sowat 22 maande.

Die Solidariteit Beweging meen daar is geen rede dat die ramptoestand verder van krag moet bly nie en sê dat hofstukke eersdaags by die hof ingedien sal word.

Volgens Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, blyk dit dat die pandemie nou na ʼn endemiese fase beweeg. Boonop lyk dit ook of daar nou verhoogde groepimmuniteit teen Covid-19 bespeur is met die Omikron-variant wat tot minder ernstige siekte en sterftes gelei het.

“Die feit dat die virus nou endemies is, beteken nie dat die virus sal weggaan nie, maar dat daar met die virus saamgeleef moet word. Dit beteken voorts dat uitsonderlike maatreëls deur die staat, soos wat onder ʼn ramptoestand ingestel kan word, nie meer nodig is om die virus in bedwang te probeer hou nie.”

Buys sê die Solidariteit Beweging is ook baie bekommerd oor die stand van skole in Suid-Afrika weens beperkings wat onderwys belemmer.

“Die feit dat baie skole steeds nie na normale werking kan terugkeer nie, verdiep die kommer oor die toekoms van ʼn hele generasie leerders.”

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, meen die ramptoestand hou ʼn bedreiging vir vryheid in, aangesien dit aan die regering buitengewone mag gee om burgerlike vryhede dramaties in te perk. Dít sonder dat sodanige mag op enige wyse aan parlementêre toesig en besluitneming onderwerp word, sê Kriel.

“Die feit dat die ramptoestand aanhoudend verleng kan word sonder parlementêre goedkeuring, is ʼn ernstige skending van gesonde demokratiese beginsels.”

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê die huidige ramptoestand skep groot onsekerheid vir werkers, maatskappye en die ekonomie oor die algemeen.

“Die ramptoestand stel die regering in staat om op kort kennisgewing maatreëls in te stel wat ondernemings en werkers se lewensbestaan beïnvloed. Hierdie swaard wat oor die ekonomie hang, skep onsekerheid vir kapitaalvorming en verdere uitbreiding in ʼn tyd waar ekonomiese groei nou van sleutelbelang is.

“Argumente dat die ramptoestand nie op kort kennisgewing beëindig kan word nie, verontagsaam gerieflikheidshalwe die regulasies wat met ‘onmiddellike inwerkingtreding’ onder die ramptoestand ingestel en afgedwing is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Mariana ·

Stem saam nes miljoene ander Suid-Afrikaners. Die ramptoestand is lankal nie meer nodig nie. Sterkte vir die wat probeer om dit te verander. Dis tyd om weer normaliteit te kry.

Trotse Boervrou ·

Die Ramptoestand is die enigste grashalmpie vir die verrotte ANC Regering. Die oomblik wanneer dit verby is is die Regering en die ANC geskiedenis. Hulle gaan klou tot die bittereinde. Ergste is dat ons die spul betaal om ons te manupileer. Of hul nou wil of nie, dit is ‘n kwessie van tyd, dan is hulle verlede tyd. Sterkte.

SomeOne ·

niemand is lus om die anc se diktatorskap te be-eindig, dan moet die een wat die leisels oorneem met al die akkies van die anc sit, wie is lus daarvoor ?

johan ·

Stop terselfdertyd die oneffektiewe inspuitings en kanselleer alle mandate. As vry mense kan en sal ons self besluit oor ons gesondheid en bewegings.

Samuel ·

Verlenging van Ramptoestand beteken nog ‘n rukkie van sentrale beheer van die bevolking. Dit is wat die kommuniste wil hê.

Gary ·

Die hele land is n ramp, covid is nie die grootste probleem wat ons het nie.

Blikkies ·

Hulle gee net nie ‘n veer om vir die mense op straat en wat moet werk nie. Hulle leef in algehele weelde en basta met die res.

Anoniem ·

Met verwysing na die inlas foto: Die toename in straatbewoners veral, is kommerwekkend. Ek besef dat daar ‘n groot aantal is wat rof deur die lewe behandel is en wie se posisie nie noodwendig net sy/haar eie toedoen is nie en vir hulle voel ek baie jammer. Daar is egter ook ‘n groot aantal wat eenvoudig net te lui is om eers te probeer werk, want staan en bedel is veel makliker as om te werk. Sommiges raak ook betrokke by kriminele aktititeite vir wie tyd in die tronk eerder ‘n welkome heenkome vir verblyf en kos is, as ‘n afskrikmiddel.

Corne123 ·

Ja ek stem die die geldput moet nou gestop word. Ondhou net dan moet SA leunings begin terugbetaal wat ons ook nie geld voor het nie so wie hoes die ergste die verbruiker weereens

VaalDonkie ·

Ek is net so ongelooflik dankbaar dat ek in die lyn is waarin ek is want ek kon die afgelope twee jaar werk sonder enige probleme. Familie van ons was nie so gelukkig nie en ons moes telkemale hul huur dek, sowel as kos koop. Dit het AL my spaargeld uitgeput. Maar eerder dit as wat die rolle omgeruil was want as jy kinders het wil jy nie in daai situasie wees nie.

Johan ·

Selfde hier, moes ook omtrent al ons werksmense uithelp want baie se gades het hul werk verloor. Mense het hul voertuie verkoop, by familie ingetrek, medies gekanseleer, ens…ten minste kon ons nog besigheid so sukkel sukkel voortgaan. So 30% van ons werk kom uit Afrika en dit het (behalwe vir Tanzanië) ook gestaak agv reis beperkings. Die inpak wat die roekelose medici en regerings gehaat het was (en is nogsteeds) verskriklik.

Papsak ·

Ja ek stem dtop hierdie besigheid nou en vinnig ook dan sal die land weer geld he om aan te gaan maar solank ramp toestande bly verleng word salSA verarm want hulle prop hulle sakke vol

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.