Ramptoestand toe wél verleng

Minister Nkosazana Dlamini-Zuma. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het Vrydag in die Staatskoerant bevestig dat die ramptoestand in Suid-Afrika tot 15 Februarie 2022 verleng word.

Dié besluit is glo geneem as gevolg van ʼn behoefte om bestaande wetgewing verder te versterk, asook die regering se gebeurlikheidsmaatreëls teen Covid-19.

Die opheffing van die ramptoestand, wat nou reeds 670 dae duur, is die afgelope paar maande deur verskeie organisasies en politieke partye bepleit, onder meer omdat dit die ekonomie ondermyn en nie meer benodig word om die virus te bestuur nie.

Boonop is hospitaalsyfers weens Covid-19 nou landwyd laag en die immuniteitskoers hoog – weens inenting of vorige infeksie. Hoewel die getal gevalle en die positiwiteitskoers hoër was as tydens die tweede en derde vlaag, is sterftes ook nou betreklik laag.

Die Omikron-variant is verder ook nie so ernstig soos die Delta-variant wat die derde virusvlaag aangedryf het nie.

John Steenhuisen, leier van die DA, het vroeër vandeesweek gesê die ramptoestand ondermyn maatskaplike, ekonomiese en demokratiese herstel.

Alan Winde, die Wes-Kaapse premier, het ook vandeesweek versoek dat die ramptoestand opgehef word. Hy meen die regering het oorgenoeg tyd gehad om alternatiewe bestuurstelsels, afgesien van ʼn ramptoestand, in werking te stel.

Winde sê die fokus moet nou op werkskepping toegespits word, aangesien duisende werkgeleenthede weens die pandemie verlore gegaan het.

Die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRV) het reeds in November verlede jaar gesê dat die regering se besluit om die ramptoestand tot 15 Januarie te verleng “skadelik en strydig met feite” is en op magsmisbruik deur die regering neerkom. IRV het ook daarop aangedring dat die nasionale Covid-19-bevelsraad saam met die ramptoestand ontbind word en het ʼn petisie daaroor van stapel gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Carel ·

Isch !
Julle verstaan nie; ons wil verder vreet in die korrupte Tender-Trog.

Die ramp toestand is enige Afrikaan se droom . . . ‘n utopia waar die Command Council absolute MAG het. Afrikane hou nie van daarvan om MAG te oorhandig nie.

Hennie ·

Moet nou tog nie sê jy het gedink hulle sal dit ophef nie. Geen manier hoe hulle hierdie”mag” wat hulle het net so sal laat gaan nie.

Anel ·

Die ding met die kopdoek en kie, wst se bewyse is daar vir die verlenginig? Dit is absolute beheer. Ons is in ‘n komunistiese stelsel gedompel sonder dat iemand iets daarteen gesê of gedoen het!!!

Renier johannes ·

Nou praat jy ons almal net wyer om in lockdown te gaan hulle kan nie die helle land se mense toesluit nie klomp nare

SlinkseKoljander ·

Hulle moet sorg vir hulle mense, vergeet die ekonomie!

VaalDonkie ·

Ja oukei, maar ek wil graag weet wat bedoel sy met ” ʼn behoefte om bestaande wetgewing verder te versterk”.

Johann ·

Help nie mens probeer met feite met díe een redeneer nie! Sys eenvoudig magsmal en voor in die ANC beheptheids kader. Misbruik n pandemie om seker te maak n bankrot terroris organisasie bly in beheer.

Renier johannes ·

Sy moes lankal op pension gewees het suurstof diewe

Jacobus ·

Met die mag aan my gegee (wat ek myself toegeëien hat) maak ek net wat ek wil. Skreiende skande van massale proporsie. Geskiedenis het bewys dat as ek eers my taai handjie op die magshandvatsel het los ek nie sommer sonder geweld nie. Soos die hond wat die bus jaag!
Jammer om te sê maar dieselfde sirkus wat nou in Aus afspeel. Die resultaat is bedenklik!!!

Hannes ·

Dit is hoe die Kommunisme werk, jy kry ‘n verskoning om die belasting betaler se geld te gebruik tot jou stem teikengroep se voordeel.

HJvdb ·

En ons was bang vir die kommunis in Rusland….LOL lyk my dit was eerder kinderspeletjies teen wat in Suid Afrika gebeur…..

Arthur ·

Swakkeling wat ‘n klein bietjie mag gegee word. Dis vir my so tipies Afrika

Mariana ·

Ja nee dit is wat gebeur as ‘n land se president sy mag aan ‘n magsbehepte vroumens, wat niks van niks weet gee. Onthou daai spul het genoeg om van te leef en hul beursies en bankstate is mooi, vol van belastingsbetalers se geld. Hulle verdien miljoene en kan regtg nie minder omgee vir die land en sy mense nie. Hulle gaan ons in die ramptoestand hou tot iemand opstaan en sê nou is dit genoeg en dan die spul uit die staatskoffers dwing en hulle onttroon. Hulle het nou lank genoeg die land se mense misbruik. Sy hoort in elk geval lankal nie meer in daai geskepte pos nie. Magsbehepte kaders.

Dirk Mostert ·

Al die geld wat wereldwyd uit blou lug geskep is gedurende die noodtoestand begin nou inskop. Die VSA se inflasie is skielik die hoogste in jare. Ons beurt kom.

Renier johannes ·

Moet nie my reg om te leef probeer verander nie dis moeilikheid soek genoeg is genoeg

Jacob ·

Ek sien elders dat Phaahla beweer dat inentings blykbaar gaan help om die verspreiding van die virus tot ‘n baie groot mate te keer en die mikpunt is blykbaar om 67% van alle Suid Afrikaners inge-ent te kry.

Dit wil voorkom asof hy nie baie goed ingelig is oor die stand van sake nie. In Israel het die week tot week gevalle met 204% toegeneem en sterftes met 80%. Dit terwyl meer as 90% van die Israeliese bevolking inge-ent is en sommige selfs nou al gaan vir die vierde opvolg inspuiting.

Moontlik is ons baie beter af met sowat 30% wat ge-ent is en baie van die res superieure natuurlike immuniteit het.

Tiptol ·

Hulle soek net mag. Glad nie gepla oor die land, sy mense en die ekonomie nie.

Cobus ·

Miskien as almal dalk die “booster” vat sal die “ramptoestand” opgehef word? Of dalk na die 4de ene….

SomeOne ·

waar is al die “slim” ouens wat alle regs grade het, is daar geen manier om die ding en ndz stop te sit nie
ondersoek die terme “samewerkende regering en tradisionele sake”, is sy geregtig om sulke uitsprake te maak
sy maak ons almal die wetter in

gee antwoorde, asb, sodat ons (minder slimmes) weet wat aangaan

JohanR ·

Sy het nie n flippin clue nie! Rerig tyd dat sy nou @Voertsak!

louis ·

Magshonger kopdoek, bewaar die dag as sy moet president word!!!

Willem ·

Sy sal aan die mag vas klou vir jare en ons president sit vas aan die slaap

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.