‘Harry Potter’-skrywer wil kinders in Oekraïne help

JK Rowling. (Foto: Facebook)

JK Rowling, skrywer van die Harry Potter-reeks, het Maandag onderneem om skenkings van £1 miljoen (meer as R20 miljoen) te ewenaar aan ʼn liefdadigheidsorganisasie waarvan sy medestigter is, om kinders in Oekraïne te help.

Die skrywer het Lumos in 2005 tot stand gebring “om die sistemiese institusionalisering van kinders te beëindig, insluitend in die Zhytomyr-streek, wes van die hoofstad Kiëf.

Die organisasie sê die gebied, waar meer as 1 500 kinders in kinderhuise was selfs nog voor die inval, word nou deur Russiese magte geteiken.

Die organisasie versoek ʼn dringende einde aan militêre aksie om die geraamde 100 000 kinders in kinderhuise in Oekraïne te red en te voorkom dat nog gesinne van mekaar geskei word.

Rowling het in reaksie op Lumos se versoek op Twitter gesê: “Ek sal persoonlik skenkings vir dié doel van tot £1 miljoen ewenaar.”

Skenkings sal aangewend word om kos en higiëne- en mediese benodigdhede te verskaf en families en pleegversorgers te help om na kinders om te sien wat verplaas of getraumatiseer is.

 

Oekraïne: Burgemeester sterf toe hy brood, medisyne uitdeel

Intussen is die burgemeester van Gostomel, ʼn dorp naby die hoofstad Kiëf in Oekraïne, deur Russiese magte doodgeskiet.

“Die hoof van Gostomel, Yuri Illich Prylypko, is dood terwyl hy kos aan honger mense en medisyne aan siek mense uitgedeel het,” het die dorp se owerhede Maandag op hul Facebook-blad gesê.

Prylypko is saam met twee ander doodgeskiet. Die ander twee slagoffers se name is nie bekendgemaak nie en dit is ook nie duidelik wanneer die burgemeester geskiet is nie.

“Niemand het hom gedwing om onder die besetters se koeëls te kom nie. Hy het vir sy mense gesterf, vir Gostomel. Hy het as ʼn held gesterf.”

Gostomel, noordwes van Kiëf, is die tuiste van die strategiese Antonof-basis waar Oekraïense en Russiese magte in die eerste paar dae van die oorlog teen mekaar te staan gekom het.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Karlahari ·

Putin is a man of peace…..
Sê ons voormalige ontelbare president….

piet ·

Ek sien haar rykdom word geskat op 820 miljoen pond. Oprah Winfrey is meer as 2-keer ryker. Goeie genugtig.

annie ·

He-she Rowling gee om vir kinders en akteur Zelensky gee om vir die inwoners van die Oekraïene… 1984.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.