Dié sjampoe-keps is perfek vir bedlêende pasiënte

Enigiemand wat al ooit na ʼn persoon moes omsien wat aan die bed gekluister is, of iemand wat te swak is om self te bad of stort, sal weet hoe moeilik dit is om die persoon se hare te was. Die Khoki Rinse Free Shampoo Cap bied die oplossing en help jou om weer die persoon waardig te laat voel.

Khoki Innovations is in 2019 gestig deur Jean-Pierre du Plessis. Khoki Innovations is ʼn afdeling van Homecookz (Edms) Bpk. Jean-Pierre is ‘n professionele rekenmeester en het besluit om dié onderneming op die been te bring wat as ʼn familieonderneming bedryf kon word. 

Jean-Pierre se pa is bedlêend en verlam weens ʼn verskeidenheid van gesondheidsprobleme. Sy ma, die primêre versorger, het baie gesukkel met sy persoonlike versorging wat hom nie pyn of lyding sou besorg nie. Ná omvattende navorsing het sy Jean-Pierre gevra om sjampoe-kepse in te voer waar mens nie die sjampoe hoef af te spoel nie. Hulle het dit toe op sy pa gebruik terwyl hy bedlêend was. Dit was baie belangrik dat water nie in sy ore of oë moes beland nie en om seker te maak dat die hele bed nie nat word van die water nie.

Die produk het só goed gewerk dat Jean-Pierre besluit het om dit ook met ander te deel. Die terugvoer was uitstekend: gebruikers was baie opgewonde en baie positief oor die produk en die besluit is geneem om alleenreg te bekom vir verspreiding in Suider-Afrika. Die eerste besending voorraad is na Suid-Afrika gebring en Khoki Innovations het in 2019 sy deure oopgemaak. 

Hoe werk dit?

Khoki Innovations wil die lewe makliker maak vir mense wat uitdagings beleef met persoonlike versorging – hetsy dit is omdat die persoon te swak is, baie siek is of beperkte beweging het. Versorgers trek ook voordeel uit die produk omdat dit die fisiese las verlig om die pasiënt te hanteer.

Die Khoki Rinse Free Shampoo Cap:

  • sluit die sjampoe en opknapper in
  • is pH-gebalanseerd
  • maak gebruik van ʼn spoelvrye formule
  • bevat nie lateks nie
  • bevat nie sulfate nie
  • maak nie van water gebruik nie.

Met die Khoki Rinse Free Shampoo Cap kan die gebruiker op enige plek en enige tyd hare was. Die persoon se hare kan in die bed of in ʼn stoel gewas word – jy hoef nie oor ʼn wasbak te buk nie en daar is nie nat handdoeke nie. Dit is baie eenvoudig om te gebruik en jy hoef nie bekommerd te wees dat jy water iewers gaan mors nie.

Die produk is nie net vir swak of siek pasiënte of persone met beperkte beweeglikheid nie. Dit kan ook gebruik word deur iemand in ʼn hospitaal wat sukkel om by ʼn bad of stort uit te kom en wanneer hulle ontslaan word en nie die wond of verband mag nat maak nie, kan hulle ook die produk gebruik.

Weens die waterbesparing is dit ook ideaal op plekke waar daar min of geen water is nie, byvoorbeeld by gastehuise, skole of selfs haarkappers.

Die Khoki Rinse Free Shampoo Cap is baie maklik om te gebruik:

  • Verhit die produk tot ʼn gemaklike temperatuur
  • Plaas die keps op die persoon se kop om die hare te was en die kopvel te masseer
  • Droog die hare met ʼn handdoek af en kam of stileer.

Waar kom die naam Khoki vandaan?

Die Du Plessis’s het ʼn rondloperhondjie op die straat buite ʼn informele nedersetting opgetel en na ʼn nabygeleë veearts geneem. Die hondjie was ondervoed en baie maer. Hy sou nie veel langer op straat oorleef het nie. Die veearts het besluit om hom “Khoki” te doop.

Khoki is nou ʼn gesonde hond en leef ʼn baie lekker lewe saam met die Du Plessis’s. Hulle het besluit om sy naam vir die maatskappy te gebruik weens die “goeie geluk” wat hy gekry het toe hy gered en aangeneem is.

Waar kan jy die produk aanskaf?

Khoki Rinse Free Shampoo Caps is in ʼn paar uitgesoekte winkels landswyd beskikbaar, maar onafhanklike agente verkoop ook die produk. Jy kan die produk ook aanlyn by www.khoki.africa aanskaf (prys sluit afleweringskoste in).

Besoek www.khoki.africa vir ʼn lys van verskaffers en agente.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.