Duitse luuksheid … vir jou hande!

(Foto verskaf)

Die nommer een-keuse handeroom in Duitsland vir die afgelope agt jaar is nou in Suid-Afrika beskikbaar.

ʼn Groot getal Suid-Afrikaners is reeds vertroud met gehalte Duitse ingenieurswese en luuksheid om van punt A na punt B te reis. Nou kan jy Duitsland se voorste handeroom vertrou om na die hande op die stuurwiel om te sien!

 

Kamill Hand & Nail Cream-reeks

Ryk in kamille … Waarom kamille?
Organiese kamille

Aanskou die skoonheid van die kamille-veleffek

Kamille word beskou as die “hemelse blom”. Dit vertroos, herstel droë en sensitiewe vel, hidreer die vel en verminder rooiheid.

Kamille is ryk in flavonoïed-aktiewe bestanddele wat antioksidante, antivaskulêre hiperplasie, anti-inflammasie, anti-allergie en antivirale doeltreffendheid bevat.

Kamille kan help om brandplekke, blase, ontsteekte wonde en swere genees, dit kan onder andere ook ekseem-irritasie, hipersensitiwiteit aan die vel en algemene allergieë verbeter.

Vir velirritasies kan kamille help om geskeurde mikrovaskulêre skade te herstel en die elastisiteit van die vel verhoog. Dit is ook perfek om te gebruik teen droogheid en jeukerigheid.

Dit is geskik vir diegene wat op soek is na ʼn chemikalieëvrye velroom wat so natuurlik as jou eie vel is.

Al hierdie voordele in ʼn klein buisie – nou kan jy verstaan waarom ons sê dit werk!

Beskerm jou vel doeltreffend

Of jy normale, droë, gebarste of volwasse vel het, die strelende natuurlike organiese kamille, beskermende gliserien en bevogtigende silikoon wat by elke room bygevoeg word, is tot voordeel vir enige veltipe.

Versorgend – natuurlik – bewese

Kamill neem hand- en naelsorg na ʼn meer gefokusde benadering om aan meer as net die basiese verwagting te voldoen. Dié reeks sal al jou behoeftes aanspreek:

Classic: Ideaal vir daaglikse handeversorging
Intensive: Ideaal vir droë en gespanne vel
Herbal: Ideaal vir vel wat intensiewe bevogtiging verg
Anti-Age Q10: Ideaal vir volwasse vel wat ekstra bevogtiging vereis en verminder plooie
Express: ʼn Vinnig-absorberende formule wat ook teen die effek van blou lig beskerm
Urea 5%: Ideaal om velirritasie te verlig

Kamill is beskikbaar by Takealot.com en https://www.betterforyou.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.