En die motor van die jaar is …

En die Motor van die Jaar is … ‘n bakkie! Ford se Ranger het vanjaar met die louere weggestap. (Foto: Verskaf)

Die afgelope 37 jaar kroon die Suid-Afrikaanse Gilde van Motorjoernaliste elke jaar ʼn motor van die jaar. ʼn Paar jaar gelede het die kompetisie vir die eerste keer kategorieë ingebring om elke finalis in sy eie kategorie met sy direkte mededingers te vergelyk – eerder as om byvoorbeeld ʼn Porsche met ʼn Polo te vergelyk.

En vanjaar is die SAGMJ se motor van die jaar… ʼn bakkie.

Ford se Ranger spog met die nuwe titel; die eerste keer in die geskiedenis van die kompetisie dat ʼn bakkie met die louere wegstap.

Die toekenning is ʼn aanduiding van hoe die motorlandskap in Suid-Afrika oor die jare verander het asook van die gehalte van die produk wat Ford tans in die mark het om met dié titel weg te stap.

Vanjaar was daar 21 finaliste.

KategorieFinalis
KompakRenault Clio
Kompakte gesinsmotorBAIC Beijing X55

Nissan Qashqai

Opel Mokka

VW Taigo

MiddelslagAlfa Romeo Tonale

Chery Tiggo Pro 8

Honda Civic RS

Hyundai Tucson

Kia Sportage

PremiumJeep Grand Cherokee L

Kia Sorento

Avontuur-sportnutsFord Everest
DubbelkajuitFord Ranger

Isuzu D-Max

LuuksMercedes-Benz S-klas
HoëverrigtingAudi RS3
Nuwe energieAudi e-tron GT/Audi RS e-tron GT

Haval H6 Hibried

Toyota Rav4 E-Four

Volvo XC40 P8 Recharge

Die kategoriewenners lyk só:

KategorieWenner
Kompakte gesinsmotorBAIC Beijing X55
MiddelslagKia Sportage
PremiumKia Sorento
Avontuur-sportnutsFord Everest
DubbelkajuitFord Ranger
LuuksMercedes-Benz S-klas
HoëverrigtingAudi RS3
Nuwe energieVolvo XC40 P8 Recharge

Vorige jare se wenners lyk só:

2022Toyota Corolla Cross
2021Peugeot 2008
2020Jaguar i-Pace
2019Mercedes-Benz A-Klas
2018Porsche Panamera
2017Opel Astra
2016Volvo XC90
2015Porsche Macan S Diesel
2014Porsche Cayman S
2013Porsche Boxster
2012Hyundai Elantra 1.8 GLS
2011VW Polo 1.6 TDI & BMW 530d
2010VW Golf VI 1.4 TSI Comfortline
2009Honda Accord 2.4i Executive
2008Mazda 2 Individual
2007Honda Civic 1.8 VXi
2006Audi A3 Sportback 2.0T FSI
2005Volvo S40
2004Renault Mégane 1.9 dCi
2003VW Polo 1.4 TDI
2002Audi A4 1.9 TDI
2001BMW 320d
2000Renault Clio 1.4 RT
1999Alfa Romeo 156 T-Spark
1998Ford Fiesta Fun
1997BMW 528i
1996Audi A4 1.8
1995Opel Astra 160iS
1994Opel Kadett 140
1993BMW 316i
1992Nissan Maxima 300 SE
1991Opel Monza 160 GSi
1990BMW 525i
1989Toyota Corolla GLi Executive
1988BMW 735i
1987Mercedes-Benz 260
1986Toyota Corolla Twin Cam

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Wielspore ·

Welverdiende prestasie deur Ford SA, die Ranger is eg Suid Afrikaans, word plaaslik vervaardig en klop internasionale vervaardigers. Suid Afrika hoef glad nie terug te staan vir meer gevorderde lande as dit by kwaliteit en bougehalte kom. Die goeie verkope van die nuwe Ranger is nog ‘n bewys dat hy motor van die jaar prestasie verdien. Lekker ry.

Johan ·

Ek sien in 1986 was die Corolla Twin Cam motor van die jaar. Het so een gehad. Beste kar wat ek ooit besit het.

Wielspore ·

As ek reg onthou het die sitplekke sulke rooi insetsels gehad en die veiligheids gordels was ook rooi. Daardie Twin Cam enjin het hakskene vir die ander motors gewys as jy petrol pedaal so bietjie knyp.

Agie@toeka ·

Beste Tjor wat ek ooit in my lewe besit het! Myne het die samurai sisteem op gehad.

Kirst ·

En duidelike bewys dat ‘n bakkie nie meer ‘n bakkie is nie, dis nou ‘n luukse motor – met ‘n prys wat daarby pas.

Chantel ·

Wat ‘n voertuig!!! Als wat mens kry is werklik waarde vir geld. Op die pad en van die pad ‘n merkwaardige voertuig. Ons geniet ons sin 1000000%

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.