Lombard vier 40 jaar in die bandebedryf

Moedertak – Krugersdorp-Wes

Lombard Tyres vier vanjaar hul 40ste verjaarsdag en saam met uitstekende pryse, gehalte produkte en uitmuntende kliëntediens beskou dié maatskappy hul gemeenskap as deel van die Lombard-familie.

Mauritz Lombard, stigter van die maatskappy, sê hulle is baie dankbaar vir die gemeenskap wat die fondasie vir hul maatskappy gevorm het. Dit het alles in 1983 begin toe Lombard sy eerste tak in Krugersdorp-Wes oopgemaak het. In 1986 was dit die mees moderne en grootste bandewinkel in die land. Hulle het daarna uitgebrei na Johannesburg en Roodepoort.

Dit was ook gedurende hierdie tyd wat hul bekende Marsman-advertensie meer oor hul takke in Krugersdorp, Roodepoort en Johannesburg vertel het. Van daar af het die Klerksdorp- en Randburg-takke bygekom en in 1989 het die maatskappy ʼn hoofkantoor in Boltonia gebou asook hul eie passasiers-versolingsfabriek geopen. Tydens die 1987-fase het hulle ook hul eie kommersiële vragmotorafdeling begin. Kumho het in 2003/2004 die maatskappy gekies om hulle verteenwoordiger te wees.

Hulle het deur die jare so uitgebrei dat hulle vandag met 18 kleinhandelstakke en 10 pakhuise reg oor die land spog.

Later het hulle nog ʼn handelsmerk, Goodride, bygevoeg en Lombard sê hulle is trots om ʼn multi-handelsmerk besigheid te wees. Hulle verskaf ook werk aan meer as 400 mense.

Lombard Tyres het in die verlede personeel gewerf en hulle vir opleidingsprogramme gestuur. Van daardie mense het ook groot vordering gemaak en het selfs al takbestuurders geword. Besturende direkteur Sean Kruger voeg by dat daar steeds ʼn groep is wat net na skool deur hulle in diens geneem, en vir opleiding gestuur word.

Van die maatskappy se hoogtepunte is ook die niewinsgewende organisasie wat hulle begin het, naamlik die Red Shirts Club. Dié organisasie bied gholfdae aan en samel fondse in vir liefdadigheid. Baie van die fondse is aan die Lions Clubs International geskenk en Kruger sê hulle skenk byna R300 000 per jaar aan liefdadigheid. Die organisasie se slagspreuk is: When we play, charity wins.

Kruger het verduidelik dat die diens wat hulle lewer, en hul reputasie, baie belangrik is.

Lombard voeg by dat hul diensfaktor ook ʼn groot rol in die maatskappy speel. Dit word gevolg deur die waarde wat hulle wil toevoeg vir ʼn kliënt en hulle wil hê hulle kliënte moet hul naam versprei.

Deur winste terug te ploeg in die besigheid, kon hulle ook tydens die Covid-19-pandemie, en verskeie ekonomiese uitdagings, verseker dat hulle hul werksmag behou – iets wat soveel ander maatskappye ongelukkig nie kon doen nie.

Saam met hul 40ste bestaansjaar kan hul kliënte uitsien na ʼn hele paar lekker promosies, waarvan die eerste is dat kliënte by ʼn gelukkige trekking ingesluit word. Jy staan ook die kans om jou aankope terug te wen.

Lombard Tyres nooi die publiek om tussen 24 en 26 Augustus 2023 hul webwerf en sosiale media dop te hou vir ʼn groot promosie.

“Ons is geseënd en bevoorreg dat ons met die hulp van ons kliënte en uitstaande personeel en verskaffers net hoër hoogtes bereik,” voeg Lombard by. “Ons hoop daar is nóg 40 goeie jare asook meer groei vir die maatskappy.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.