ʼn Sedan vir die fynproewer  

Die naam Jaguar is al dekades lank sinoniem met weelde en puik vakmanskap.

Jaguar se XF is ʼn luukse E-segment-sedan en die jongste model is Jaguar se XF R-Dynamic Black. Daar is ʼn paar visuele opknappings soos glans swart aksente op die spieëls, sierrooster en vensters. Die 19-duim-allooiwiele en rooi remknypers rond die pakket mooi af.

Die luukse kajuit kry sy eie aksente en aluminiumpedale en word afgerond met LED-beligting wat ʼn verskeidenheid van 30 kleure bied.

Jaguar maak nou gebruik van sy jongste inligtingstelsel genaamd die Pivi Pro. Daar is verskeie apps wat reeds vooraf gelaai is soos Spotify, Apple CarPlay en Android Auto. Dié stelsel sal later vanjaar outomaties bygewerk word om draadlose CarPlay en Android Auto te bied. ʼn Slim funksie is die draadlose selfoonlaaier wat ʼn seinversterker bied om die gehalte van oproepe te verbeter met die hulp van die voertuig se eksterne antenna.

Een van my gunstelingfunksies in die nuwe Jaguar is geïoniseerde lug – die XF bied ʼn PM2.5-filtreringstelsel om die gehalte van lug in die kajuit op sy beste te hou.

Die XF is beskikbaar met twee enjins. ʼn D200 wat 147 kW en 430 Nm bied – dié is die ekonomieste model teen 4,9 ℓ/100 km. Die ander enjin is Jaguar se P250-turbopetrolenjin. Hy bied 184 kW en 365 Nm. Hy kan van 0 tot 100 km/h in 6,9 sekondes versnel met ʼn topspoed van 250 km/h.

Die reeks lyk só:

Jaguar XF R-Dynamic Black D200R 1 122 000
Jaguar XF R-Dynamic Black P250R 1 118 600

Die reeks word gedek deur ʼn 5 jaar/ 100 000 km waarborg en omvattende instandhoudingsplan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

JohanR ·

Seker ‘n paar ministers wat nou huil omdat hulle net R700000 kry om op ‘n nuwe motor te spandeer….agh shame!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.