Perdekrag: Dis weer bakkie-oorlog!

In dié episode van Perdekrag vat ons Volkswagen se splinternuwe 190 kW V6 Amarok na Rhino Park naby Bronkhorstspruit om te sien of hy ʼn les geleer kan word deur Ford se Ranger Raptor.

Al kos die twee voertuie amper dieselfde, is een met ʼn paar naelloopskoene toegerus en die ander bergklimstewels. Om vir elke bakkie die beste kans te gee, word daar ʼn pylvakren op teer gehou én word ʼn paar hindernisse geklim om te bepaal hoe staan sake.

In die nuus word daar gesels oor die verskeie toetsmotors wat onlangs op die proef gestel is.

Kom kyk saam:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

13 Kommentare

jongste oudste gewildste
MakersMark

Sal nie een van die twee ry nie al kry ek dit verniet.

VaalDonkie

Ag jitte. Die ouens wat daai bakkies koop dink die paaie behoort aan hulle. Hulle sal altyd hier op my alie kom ry as ons langpad ry. Want blykbaar mag mens 160km/h+ ry as jy in ‘n bakkie is. Maar wat hulle nie verstaan nie, is dat my Subaru Forester nog altyd vinniger as hulle bakkies is. En hulle laaik dit net mooi NIKS. Dis lekker om te sien hoe dik daai bekke raak soos hulle kleiner en kleiner in my truspieeltjie raak. want sien, my kar is basies ‘n WRX STI, en hulle s’n is ‘n groot baksteen met… Lees meer »

SjN

Die verskil tussen die 2 is dat die Amakrok se enjin gewoonlik groet op 100 000 km en die Ford is n kanniedood.

andre

n Wedloop op n tydrentrajek van so 50km sal interessant wees.Die VW is vir my die teerpadkoning en die Ford die grondpadkoning.Altwee het n plek is die mark

Windhond

En dan is daar Toyota