Elon Musk se Tesla Motors bepaln om ʼn kantoor vroeg in volgende jaar in Suid-Afrika oop te maak, om dié handelsmerk na die land te bring.
HTxt.africa berig Evan Rice sal aan die hoof staan van plaaslike bedrywighede. Hy was die afgelope 18 maande lank die uitvoerende hoof van GreenCape, ʼn organisasie wat op die been gebring is om die mark vir hernubare energie in en om die Wes-Kaap te ontwikkel. Rice sal aangestel word as besigheidsontwikkelingsbestuurder.
Tesla Motors se doel in Suid-Afrika sal wees om die maatskappy se nywerheidsgrootte energiestoor-oplossings plaaslik te vestig.
Lees meer: Htxt.africa, Business Tech